Skip to main content

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Advent 1: Vredemaker

Ons begin hierdie week met ‘n Adventsreeks. Die wenke van die volgende 6 weke, die Adventspakkie en die DinkJeug Familie App se temas werk almal saam, en kan dus gesinne help om tuis ook hieroor te gesels. Deel die Adventspakkie uit aan families en herinner hulle om die DinkJeug Familie App af te laai om elke dag van die week saam te luister na die 5 min huisgeloof podcasts. Ons gesels saam oor die eienskappe van Jesus as volg:

Sondag 27 Nov – Jesus ons Vredemaker (engel)

Son 4 Des – Vreugdevolle Koning (kroon)

Son 11 Des – Hoopvolle Helper (liggies)

Son 18 Des – Liefdevolle Herder (skaap)

Son 25 Des – Immanuel (geskenk)

Son 1 Jan – Jesus ons Raadsman (ster)

Advent
Verduidelik wat Advent is (wat vandag begin) en hoe dit in die kerkjaar inpas. Vertel dat ons vandag en in die volgende paar weke gaan kyk na die verskillende eienskappe van Jesus en ‘n simbool gaan hang op die kersboom. Tuis kan hulle dieselfde doen en die vlaggies gebruik. Verduidelik ook dat jy elke week ‘n bykomende kers gaan aansteek van die Adventskrans.

Jesus ons Vredemaker
Indien jy die leesrooster teks (Psalm 122 – ‘n gebed vir vrede) gebruik, kan dit hierby aansluit. Vertel die storie van die engele wat met Jesus se geboorte die goeie nuus aan die herders gebring het dat die Redder gebore is en dat daar nou “vrede op aarde” is (Luk 2:8-14).

Simbool: Hang ‘n engel aan die kersboom in die liturgiese ruimte.

Gesprek in die banke
Hoe kan ons (prakties) vredemakers in ons huise wees hierdie Kersseisoen?

Gebed
Steek die eerste kers van die Adventskrans aan en bid vir mense geraak deur oorlog en geweld. Ons bevind ons ook tans in die 16 dae van aktivisme vir geen geweld teen vroue en kinders.

Aktiwiteit
Laat die kinders / gesinne engele maak as herinnering van God se vrede – dit kan huis toe geneem word of ook op ‘n kersboom in die liturgiese ruimte gehang word.
Advent 1 uitdeelstuk engel

Liedere
Hoor die blye eng’le lied
Al was ek nie daar nie

Adventpakkie vir families: Adventvlaggies https://dinkjeug.co.za/adventpakkie-2022-vlaggies/

Vir die volledige Adventreeks se inligting: Adventreeks besonderhede

Meer oor advent: https://dinkjeug.co.za/advent-hoe-wat-en-waar/

Die kerkjaar: https://dinkjeug.co.za/meer-oor-die-kerkjaar/

Leave a Reply