Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Advent (Christingle)
Kyk gerus op www.dinkjeug.co.za vir nog meer Advent en Kersfees idees vir kinders en families.
Christingle aktiwiteit
Vooraf kan daar vir elke gesin die volgende voorberei word – lemoene, ‘n stukkie rooi lint, halwe kerse, ‘n stukkie tinfoelie, jelly baby lekkers, tandestokkies en vuurhoutjies. (sien voorbeeld foto)
Verduidelik dat daar ‘n tradisie in Brittanje ontstaan het om Christingles te maak vir Kersfees. Die woord verwys na Christus as kind / Christus se lig. Ons noem dit sommer lemoenkerse. Hulle kan gerus nog tuis maak wat vir bure of ander as geskenkies gegee word. Verduidelik die simboliek soos julle dit saam maak:
- Die lemoen simboliseer die aarde – God het die hele wêreld lief en stuur daarom sy Seun.
- Die rooi lint word om die lemoen vasgemaak – dit simboliseer Jesus se liefde vir die wêreld.
- Die kers word bo-op die lemoen staan gemaak (gebruik die tinfoelie en/of 2 tandestokkies om dit te verstewig) – dit simboliseer Jesus se lig en die hoop wat Hy bring.
- Sit nou die jelly baby lekkers aan die punt van die tandestokkies en druk dit in die lemoen. Dit simboliseer die kinders / mense van die wêreld – God het almal lief van alle volke, kleure en tale.
Gespreksvraag: Hoe kan ons vir ander mense Jesus se hoop en liefde wys tydens Advent? Laat almal aan praktiese voorbeelde dink en kry terugvoer.
Gebed: Laat almal nou die kerse aansteek en saam die lemoene vashou terwyl hulle bid vir ander mense wat swaarkry, siek of arm is, of eensaam voel.
Lees meer oor die Christingle tradisie hier:
https://en.wikipedia.org/wiki/Christingle
https://www.twinkl.co.za/teaching-wiki/christingle
Adventpakkie: https://dinkjeug.co.za/adventpakkie-2021-die-groot-geskenk-van-kersfees/