Skip to main content

Apple iStore – klik hier 
Google Play – klik hier 
of soek net vir “dinkjeug families” 

Lees die Kerkbode artikel oor die Familie App hier:

NUUT: Toep wil jou help met huisgodsdiens

Wie kan dit gebruik?

  1. Die materiaal is geskryf met familie (met kinders en/of tieners) in gedagte.
  2. Families sonder kinders of enkellopendes kan dit ook gebruik.
  3. Kleingroepe kan dit gebruik, veral om kinders te betrek.
  4. Families met kinders in die koshuis kan dit ook gebruik. Dit is ‘n wonderlike manier om oor ‘n afstand met jou kind/tiener ‘n geloofsgesprek te hê.
  5. Die inhoud is geskryf deur NG Kerk predikante, maar dit is bruikbaar in enige Christelike kerk of denominasie.

Hoe kan ons dit gebruik?

  1. Speel dit tuis wanneer almal bymekaar is en maak so tyd om saam te gesels oor die Bybel, geloof en die lewe. Bid saam en doen ook die aktiwiteite om julle as familie se geloof en verhoudings te versterk. Dit behoort tussen 5 en 15 minute te neem.
  2. Speel dit in die motor en gebruik die tyd saam om daaroor te gesels.
  3. As kinders of tieners in die koshuis is, laat elkeen afsonderlik daarna luister en daarna vir mekaar ‘n boodskap/reaksie stuur.
  4. Kleingroepe kan dit ook gebruik.
  5. Familie met voorskoolse kinders sou dit maklik self kan aanpas, deur byvoorbeeld die teks in ‘n Kinderbybel op te soek.