Skip to main content
Erediens: Kerkjaar

Vyfde Sondag van Advent erediens wenk

By December 12, 2023No Comments

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Vyfde Sondag van Advent

Hierdie Sondag is die vyfde Sondag van Advent.  Indien julle die Adventskrans of kerse opgestel het in die liturgiese ruimte, steek nou die Christuskers aan.

Die Adventpakkie van DinkJeug se tema vir die 5de week van Advent herinner ons aan Jesus wat die perfekte geskenk vir ons is.  Alhoewel Kersfees al verby is, gaan ons steeds oor die Kersverhaal gesels, want die boodskap van Kersfees is elke dag waar.

Wat ‘n spesiale kalender wat dit vir ons moontlik maak om vandag, op die laaste dag van die jaar, as geloofsgemeenskap bymekaar te wees.  Gesels saam oor die geskenke wat ons deur die jaar ontvang het – nie die tipe geskenke wat in papier toegedraai word nie, maar dinge soos geleenthede, mense en spesiale oomblikke.

Simboliese handeling:
Die Adventpakkie het in week 5 ‘n spesiale aktiwiteit waar ‘n armband met kleeflint geplak na buite gemaak word.  Beweeg uit die erediens met die kleeflint armband en kies iets in die tuin of omgewing om vas te plak aan die kleeflint as ‘n herinnering.  Dank God vir die mooi wêreld wat Hy vir ons gegee het en dat Jesus na die wêreld gekom het.

 

Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.

Leave a Reply