Skip to main content
Erediens: Kerkjaar

Vierde Sondag van Advent erediens wenk

By December 11, 2023No Comments

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Vierde Sondag van Advent

Hierdie Sondag is die vierde Sondag van Advent.  Indien julle die Adventskrans of kerse opgestel het in die liturgiese ruimte, steek nou die 4de kers aan.  Tradisioneel herinner die 4de kers ons aan liefde.

Die Adventpakkie van DinkJeug se tema vir die 4de week van Advent herinner ons aan Jesus wat op ‘n nederige klein plekkie gebore is, maar dat dit die perfekte plek was vanwaar Hy sy liefde vir ons kom wys.

Wys ‘n kaart van Suid-Afrika en gee kans dat mense kan deel waar hulle gebore is.  Hulle sou ook kon aandui waar hulle dink die meeste mense gaan vakansie hou.  Wys nou ‘n kaart van Israel en waar Betlehem is op die kaart.

Waar dink julle is die perfekte plek vir Jesus om te woon?

Simboliese handeling:
Die Adventpakkie het in week 4 ‘n pragtige herberg aktiwiteit met ‘n stal en karakters wat ingekleur, uitgeknip en geplak kan word om die geboorte van Jesus te vertel.  Gebruik dit gerus vir gesinne met jonger kinders.

https://dinkjeug.co.za/adventpakkie-2023-die-perfekte-kersfees/

 

Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.

Leave a Reply