Skip to main content

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Epifanie: Jesus ons Raadsman

 

Hierdie Sondag is 1 Januarie 2023 – ‘n splinternuwe jaar. Ons het oor al die eienskappe van Jesus gesels as deel van die Adventsreeks. Vandag se tema “Jesus ons Raadsman” sluit hierby aan, maar kan ook losstaande gebruik word as jy nie die reeks gevolg nie. Jy sou ook die vlaggies (https://dinkjeug.co.za/adventpakkie-2022-vlaggies/) of die simbole vandag kan gebruik. Indien jy die leesrooster teks (Ef 3: 1-12) gebruik, sluit dit hierby aan – die geskenk van wysheid.

Gesprek in die banke
Wat lê vir jou voor in die nuwe jaar? Waarvoor het jy wysheid nodig in 2023?

Jesus ons Raadsman
Epifanie is die seisoen na Kersfees. In baie dele van die wêreld dink hulle in hierdie tyd (veral op 6 Januarie) aan die verhaal van die sterrekykers (wyse manne) (Matt 1: 1-6, 9-12). Vertel die verhaal kortliks. Die sterrekykers het wysheid, omdat hulle Jesus herken as Koning en na die Here se stem luister en ‘n ander pad huis toe neem. Net so kan ons hierdie jaar luister na die Here se stem, want Hy is ons Raadsman wat ons met wysheid lei.

Simbool – Kersboom simbole / vlaggies

  • Engel – herinner ons aan die vredesboodskap wat die engele gebring het en aan Jesus wat ons Vredemaker is
  • Kroon – herinner ons dat Jesus ons vreugdevolle Koning is en aan Maria se vreugdevolle reaksie toe sy hoor sy gaan die ma wees van die Redder en Koning
  • Liggies aan die boom – herinner ons dat Jesus ons Lig is wat hoop bring – ons hoopvolle Helper
  • Skapie – herinner ons aan die verhaal van die skaapwagters (herders) en dat Jesus ons liefdevolle Herder is wat ons lei
  • Geskenk – Jesus is God se grootste geskenk aan ons – Immanuel
  • Ster – hang nou dit ook aan die Kersboom – dit herinner ons aan die verhaal van die wyse manne (sterrekykers) en dat Jesus ons Raadsman is wat ons lei in die nuwe jaar.

Gebed: Bid vir die jaar wat voorlê en doen ‘n doopherinnering.

Aktiwiteit: Laat die kinders elkeen ‘n ster maak wat hulle herinner aan die Here wat jou Raadsman is en jou lei in 2023 (soos die Betlehemster die sterrekykers gelei het).

Liedere:
Betlehemster
Wyse manne op kamele (kinderlied)

Meer oor Epifanie: https://dinkjeug.co.za/meer-oor-epifanie/

Leave a Reply