Skip to main content
Geloofsgewoontes

Geloofsgewoontes: Geloofgesprekke

By October 18, 2021April 1st, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Geloofgesprekke (geloofsgewoontes reeks)

Ons tema hierdie Sondag is geloofgesprekke  – ‘n belangrike geloofsgewoonte waarmee ons mekaar help om God se werking in ons lewe raak te sien.

Geloofgesprekke
Dit is gesprekke wat gelowiges met mekaar voer, in die gewone gang van die lewe, om mekaar te inspireer en te leer. Ons dink en praat saam oor God en wat Hy vir ons beteken. Ons help mekaar om te onthou waaroor die lewe gaan en om op God gefokus te bly. Ons help mekaar om God se betrokkenheid in ons lewens raak te sien en daaroor te getuig.

Brille metafoor
Pak ‘n klomp verskillende brille uit en gesels daaroor – ‘n leesbril, ‘n bril om ver te sien, ‘n verkyker (“bril” om baie ver te kyk), ‘n sonbril, ‘n 3-D bril en ‘n vergootglas (‘n “bril” om klein dingetjies raak te sien) en ‘n duikbril of swembril. ‘n Mens kry selfs brille wat jou help om in die donker te sien!

Trek nou die verband na geloofsbrille – God is op verskillende maniere betrokke in ons lewe, maar ons moet soms mooi kyk om dit raak te sien. Ons moet ons “geloof” bril opsit om anders te kyk na ons lewe:

‘n Natuur bril – om God in die natuur raak te sien bv. in ‘n mooi sonsondergang of reënboog

‘n Gesprek bril – om God in mense se opbouende gesprekke te ervaar

‘n Wonderwerke bril – om God te herken en te erken in die “toevallige” of onwaarskynlike gebeure in ons lewe bv. iemand wat gesond word

‘n Spesiale plekke bril – om God te ontmoet in ‘n spesiale plek bv. onder ‘n groot boom of langs die see

‘n Spesiale gebeure bril – om God in spesifieke omstandighede te ervaar bv. toe jy swaarkry beleef het of ‘n uitdaging moes aanpak

‘n Musiek bril – om diep aangeraak te word as jy na ‘n spesifieke lied of stuk musiek luister

Aan watter ander “geloofsbrille” kan jy dink?

Kies ‘n prent en gesels saam
Vertoon verskillende prente en laat elkeen een prent kies om te vertel hoe hulle die afgelope week God beleef het in hulle alledaagse lewe. Of maak ‘n uitdeelstuk met die verskillende prente.
Hier is ‘n voorbeeld: PowerPoint | Uitdeelstuk PDF

Uitdaging vir die week
Kyk of julle op pad skool toe / werk toe, elke dag hierdie week iets kan raaksien wat jou herinner aan God se teenwoordigheid. Gesels met mekaar daaroor.

Leave a Reply