Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Diensbaarheid en Mandela dag
Ons is steeds in Koninkrykstyd en dink hierdie week aan diensbaarheid as ‘n manier om verhoudings in God se huisgesin te versterk. Ons vier ook hierdie week Internasionale Nelson Mandela dag op 18 Julie.
Hulpmiddels: Foto’s van Nelson Mandela en dra gerus ‘n Madiba hemp! ‘n Powerpoint met die reënboog speletjie (onderaan aangeheg) – dit kan ook aanlyn “gespeel” word.
Mandela Dag!
Nelson Mandela was ‘n voormalige president van Suid-Afrika en sy verjaarsdag was op 18 Julie. In 2009 is dié dag deur die Verenigde Nasies aangekondig om sy nalatenskap te vier. Hy het 27 jaar in die tronk spandeer in sy stryd teen apartheid en ongeregtigheid en daarna het hy sy lewe gewy om eenheid en versoening te bewerkstellig. Nelson Mandela het op sy 90ste verjaarsdag ‘n oproep gemaak tot wêreldwye diens en medemenslikheid. Wêreldwyd vier mense nou die 18de Julie deur 67 minute van diens te lewer – ‘n minuut vir elke jaar se diens wat Mandela gelewer het.
https://www.iol.co.za/news/south-africa/mandeladay-why-67-minutes-29312114
https://www.gov.za/NelsonMandelaMonth2019
Koninkrykstyd – Diensbaarheid
Ons as Christene het die voorbeeld en opdrag van Jesus Christus wanneer dit kom by diensbaarheid en liefde vir ander mense. Jesus het sy dissipels aangespoor om vir armes te sorg, siekes gesond te maak en diensbaar te wees. Dink maar aan hoe Hy hulle voete gewas het.
In Koninkrykstyd dink ons veral hoe ons, as sy dissipels, diensbaar kan wees. En daarom kan ons op 18 Julie, maar ook enige ander dag, aan praktiese maniere dink waarop ons ander kan dien.
Reënboog speletjie – laai dit hier af
Laat almal ‘n kleur kies – rooi, oranje, geel, groen, ligblou, blou, of pers en sê vir die persoon langs jou watter kleur jy gekies het. (wys skyfie met reënboog)
Nou kom die uitdaging – die kleur verteenwoordig die manier waarop jy hierdie week diensbaar kan wees… (wys skyfie met “uitdagings”)
- Rooi – bel ‘n bejaarde en hoor hoe dit gaan
- Oranje – WhatsApp iemand wat siek is en vra of hulle hulp benodig
- Geel – Gee ‘n paar skoene of ‘n kombers weg
- Groen – Maak toebroodjies vir iemand wat honger is
- Ligblou – Maak tee vir iemand in jou huisgesin en spandeer tyd met hom/haar
- Blou – Lees ‘n storie vir ‘n kind (dit kan ook per WhatsApp video call wees)
- Pers – Bied aan om iemand te help om iets prakties te doen
Bid: Bid vir die verskillende barmhartigheidsaksies van julle gemeente en diensorganisasies waarby julle betrokke is.
Wenke en idees