Skip to main content

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Ons leef in eenvoud (Gewoonte 3)

Hierdie Sondag is die tweede Sondag van Lydenstyd en daarom word die tweede kers van die sewekandelaar doodgeblaas. Ons is besig met ‘n reeks “7 Gewoontes vir Gesinne” en hierdie week se tema is “Ons leef in eenvoud”.

Gebruik ‘n selfoon, kos, ‘n bak lekkernye, ‘n tennisraket (simboliseer sport), ‘n TV skerm, ‘n paar tekkies/klere, koffiemasjien, ens. as illustrasie en vra die volgende vrae:

  • Watter dinge is vir jou die moeilik(ste) om sonder te lewe?
  • Wat dink jy sal met jou gebeur as jy dit vir ‘n uur ‘n dag, of dit heeltemal vir 40 dae vrywillig prysgee?

Verduidelik Lydenstyd en die gewoonte van eenvoud
Lydenstyd is tradisioneel ‘n tyd waarop mense vas en sondebelydenis doen. Vas is om vir ‘n sekere tyd nie iets te doen nie, byvoorbeeld om nie lekkers te eet nie, of nie TV te kyk nie, of 5 minute vroeër op te staan om te bid. Die doel daarvan is om jou te help om jou fokus weer op God te plaas, te bid en dankbaar te leef. Sondebelydenis is wanneer jy jammer sê en afstand doen van dit wat jou aandag aftrek van God en jy weer fokus op die belangrike dinge. Vas en sondebelydenis is 2 gewoontes wat ons help om in eenvoud te leef – om op die regte dinge te fokus en tevrede te wees en van die “clutter” en geraas in jou lewe ontslae te raak, hetsy sondige gewoontes, oormatige besittings, oorvol programme, of gedurige skermtyd.

Daag almal uit om iets prys te gee vir die res van Lydenstyd (of iets goed by te voeg).

7 Gewoontes vir Gesinne se volgende temas is:

12 Mrt

 Gewoonte 4: Ons ondersteun mekaar

19 Mrt

 Gewoonte 5: Ons maak ‘n verskil

26 Mrt

 Gewoonte 6: Ons vertel stories

2 Apr

 Gewoonte 7: Ons gebruik simbole (Groot Lydensweek)

‘n Vorige wenk oor gebed en vas: https://dinkjeug.co.za/wenk-van-die-week-07-03-2021-gebed-en-vas/

Leave a Reply