Skip to main content

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Kanselkleed

Hierdie Sondag kan jy tyd maak om die oorsprong / betekenis / geskiedenis van julle gemeente se kanselkleed te verduidelik.

Oorweeg om dit toe te gooi en vir mense te laat raai hoe dit lyk / wat daarop staan. Dikwels kyk mense dit mis, al hang dit elke week voor hulle. Die ander opsie is dat hulle die simboliek daarvan eers raai / bespreek deur na mekaar te draai voordat jy die antwoord gee.  ‘n Kanselkleed sê dikwels iets oor die gemeente se identiteit of gee ‘n fokuspunt vir  ‘n erediens. Min mense, veral kinders, weet egter waarvoor dit staan.

Sommige gemeentes se kanselkleed verander saam met die kerkjaar – jy sou dus almal voor kon uitstal en dan daarmee saam kan verduidelik waar ons tans in die kerkjaar verkeer (Pase).

Skakel na ‘n prent van die kerkjaar: https://dinkjeug.co.za/kerkjaar-kalender/

Sommige gemeentes het ‘n P en X teken (Christus monogram) op die kanselkleed. Hier is meer inligting daaroor: https://dinkjeug.co.za/wenk-van-die-week-christus-monogram/

Aktiwiteit: Kinders / tieners kan ‘n kanselkleed ontwerp.

 

Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.

Leave a Reply