Skip to main content

Hierdie “album” of joernaal wil jou en jou kinders help om te reflekteer oor die lockdown (grendeltyd) tydens die Covid-19 pandemie in 2020.

Dit is ook as ‘n tiener weergawe en sosiale media plasings beskikbaar.

Dit is ‘n geleentheid om saam te gesels oor julle ervaring van dié tyd en te ontdek hoe julle gegroei het. Dit is ook ‘n geleentheid om introspeksie te doen en te deel hoe God by julle teenwoordig was. As julle eendag terugkyk en hierin lees, sal dit julle ook help om hierdie tyd te kan onthou.

Hoe om dit aan te pak?
Afhangende van die ouderdom van julle kinders, kan julle op een dag of oor die loop van ‘n paar dae tyd maak om dit saam in te vul. Maak gerus ook tekeninge of voeg foto’s by. Julle kan die joernaal uitdruk, dit invul, daarop teken en dan weer skandeer (of foto’s neem van die blaaie) as julle klaar is om dit aanlyn te stoor. Of julle kan oorweeg om die boekie in ‘n tydkapsule (‘n waterdigte houer) te plaas met ander aandenkinge, om oor 5 of 10 jaar weer oop te maak. Onthou net waar julle dit wegsteek!

Wat om te onthou?
Gebruik genoegsame tyd om saam te gesels en dit te geniet, terwyl julle die bladsye voltooi. Dit gaan nie net oor die voltooiing van die album nie, maar ook oor die proses. Wanneer ons só saamgesels en introspeksie doen, help dit ons om ons emosies en ervarings te verwoord en te verwerk. Dit is ook dan wanneer ons kan ontdek en onthou dat God by ons is in hierdie tyd en ons geloof vorm.

Laai dit hier af as PDF: DinkJeug Covid-19 Album

Laai die tiener weergawe hier af: DinkJeug Album Tieners

Laai die sosiale media materiaal hier af: DinkJeug Covid-19 Album Social Media  (7 aparte blokkies wat as gesprekspunte gebruik kan word)

Leave a Reply