Skip to main content

God van die lewe, God van medelye,
terwyl die pandemie steeds ons wêreld skud, draai ons na U.
Ons dank U vir die gawes van
deursettingsvermoë en kreatiwiteit,
vir sorg gegee en entstowwe ontwikkel,
vir uitroepe gehoor en vertroosting ontvang.

Ons kom na U toe met al ons bekommernisse:
vir geliefdes, vir gemeenskappe, vir werk en ekonomieë,
en vir hoe die kwesbaarste onder ons geraak word.
Verander onrus en vrees in liefde en omgee.
Gee ons moed, wysheid en energie om te verander wat nodig is om verander te word.

Terwyl ons vertrou op die krag van U Gees, bid ons
vir die siekes en diegene wat na hulle omsien,
vir veilige en regverdige verspreiding van entstowwe,
vir die wat treur en die wat aan eensaamheid ly,
vir diegene wat moeilike besluite moet neem wat baie raak,
vir internasionale samewerking in die diens van geregtigheid en vrede,
vir geestelike leierskap wat getrou is aan U wil.

Help ons in U genade om vas te hou aan wat reg, waar en mooi is.
Deur Jesus Christus, wat ons leer ken het as ons Verlosser en Geneser, bid ons dit.
Amen

Biskop Antje Jackelén, Kerk van Swede

 

Leave a Reply