Moet ons kategese oopmaak of nie? Is dit die moeite werd?
Ons is te veel! Ons is te min…
Is dit veilig?
Hoeveel lesse kan ons nog aanpak so laat in die jaar?
Indien jy hieroor wonder, is jy glad nie alleen nie! Dit is ‘n moeilike tussen-tyd. En ‘n mens moet wysheid soek oor hoe om aan die een kant voort te gaan en aan die ander kant almal se veiligheid te verseker.
Maar dit is ook beslis ‘n tyd waar mense, ook kinders en tieners, smag na verhoudings en dieper spiritualiteit. Hulle het nie noodwendig nog aanlyn video’s nodig nie, maar jongmense soek eerder sinvolle maniere om bymekaar te kom en God self te ervaar.