Skip to main content
COVID-19Ouerleiding

Wenke vir ouers wat oorweldig voel tydens “lockdown”

By April 1, 2020February 2nd, 2022No Comments

Luister hier na die podcast:

Almal moes baie vinnig aanpassings maak tot ‘n nuwe manier van leef tydens die Covid-19 pandemie. In Suid-Afrika is daar tans ‘n lockdown of afsondering waar almal verplig word om tuis te bly. Vir baie families is dit ‘n groot uitdaging om vir 21 dae ‘n ruimte met mekaar te deel. Watter 10 wenke is daar vir ouers wat oorweldig voel in hierdie tyd en dalk voel hulle “cope” nie meer nie?

 

  1. Alleen tyd – Sorg vir jouself. Maak daagliks ‘n tydjie waar jy alleen kan wees en iets doen wat jou siel voed. Dalk is dit om ‘n aanlyn preek te luister, ‘n meditasie oefening te doen, te lees of in die tuin of op die stoep te gaan sit.
  2. Time out – Soms moet ‘n ouer ook ‘n “time out” vat om af te koel. As jy voel jy raak kwaad, onredelik, aggressief of hartseer, verskoon jouself van die kamer. Verseker jou kinders dat jy netnou terug sal wees, maar dat jy ‘n tydjie alleen nodig het om af te koel. As jy terugkom, verseker hulle dat dit nie hulle skuld of ‘n straf is nie, maar dat ouers ook soms tyd alleen nodig het.
  3. Stres hantering – Dalk bied die lockdown ekstra stres vir jou, byvoorbeeld finansieel, of met jou werk, of vir jou emosionele welsyn. Moenie jou uitdagings onnodiglik met jou kinders deel nie. Hulle kan ook jou spanning aanvoel en dit kan die atmosfeer in die huis verder gespanne maak. Kry eerder ‘n gesonde uitlaat daarvoor, byvoorbeeld deur te oefen, iemand te bel as jy oorweldig voel en nodig het om af te pak, of hou ‘n joernaal.
  4. Kry hulp – Vra gerus hulp aanlyn of telefonies by ‘n sielkundige of jou predikant as jy voel jy het dit nodig. As jy tekens toon van depressie of aggressie, is dit veral belangrik. Maak seker dat jou alkohol inname nie jou probleme vererger nie.
  5. Stem ooreen – Maak seker jy en jou eggenoot (as jy een het) of enige ander volwassenes in die huis is op dieselfde bladsy wanneer dit kom by die reëlings, en waardes ten opsigte van die kinders sodat julle mekaar kan ondersteun en nie teen mekaar werk nie. Gee mekaar “af tye” waar die een verantwoordelikheid neem vir die kinders terwyl die ander een rus of werk.
  6. Eenvoud – Kry idees aanlyn oor hoe om die kinders besig te hou, maar pasop vir “information overload”. Jy as ouer kan oorweldig voel met al die idees en “challenges”. Hou dit eenvoudig en haalbaar.
  7. Moenie vergelyk nie – Moenie jou familie vergelyk met ander families nie. Dit is wel handig om by ander families ondersteuning te kry, maar moenie dat hulle mooi Facebook of instagram foto’s van hulle “perfekte” familie-dae jou onderkry nie. Jy weet nie wat jy nie sien nie. Almal het uitdagings en hanteer dit verskillend.
  8. Dink langer termyn – Daar is ‘n kans dat die “lockdown” verleng sal word. Moet dus nie beloftes maak aan jou kinders vir wanneer die 21 dae verby is nie. Soek eerder maniere om ‘n roetine te vestig wat langer as 21 dae kan hou indien nodig.
  9. Op en af dae – Maar onthou ook, dat daar maar op en af dae is. As dit ‘n afdag of ekstra uitdagende dag is, maak ‘n koppie tee en gaan haal eers asem. Gee ‘n ekstra uur skermtyd en behou jou “sanity”!
  10. Gebed en stilte in God se teenwoordigheid is ‘n belangrike gewoonte wat jy in hierdie tyd kan aanleer en inoefen. Begin met net ‘n paar minute per dag. Deel jou bekommernisse met die Here, lees uit die woord en maak tyd om stil te wees, en na Hom te luister.

Leave a Reply