Skip to main content
COVID-19Ouerleiding

Wenke vir ouers: kinders se emosies

By April 6, 2020No Comments

Kinders mag dalk sterk emosies ervaar in hierdie tyd van inperkingsmaatreëls te midde van COVID-19. Hier is enkele wenke om hulle te help om dit te hanteer. Hierdie tegnieke kan ook vir volwassenes behulpsaam wees.

Wat is die emosie?

  • Waar in jou lyf voel jy die emosie? Teken dit op die lyfie hier onder.
  • Hoe voel die emosie? Dit is baie behulpsaam vir kinders om die fisiese sensasie te beskryf. Hierdie kan wees bv. my keel trek toe; my wange word warm, my maag trek saam of voel hol ens.
  • Watter kleur sal jy aan die emosie gee?
  • Is dit lig of swaar? Warm of koud?
  • Kan jy die gevoel ’n naam gee?
  • Watter emosie sou jy sê is dit?

Wat doen ek met my emosie?

  • Voel dit in jou lyfie. Haal drie (of meer) keer diep asem terwyl jy jou verbeel hoe die ligte asem in daardie plek in jou lyf ingaan en die (kleur van jou emosie) asem uitkom.
  • Vertel vir iemand hoe jy voel! (Ek wonder vir wie sal jy vertel as jy so voel?)
  • Vind iets rustig/kalmerend om na te kyk (bv. blare wat waai, water wat vloei, wolke wat beweeg, sand in ’n ‘timer’)
  • Doen iets rustig: blaas borrels, blaas ’n ballon op, kleur in, lees, luister musiek, speel met slym of ’n stresbal, kou iets (kougom of appel)
  • Het jy troos nodig? Druk ’n teddiebeer, speel met jou gunsteling speelding of vra iemand wat jy vertrou vir ’n drukkie of ’n rug-vryf.
  • Vir angs/spanning: spring tou, trampolien of diepdruk aanraking

Met erkenning aan ds Bianca Botha.

Leave a Reply