Skip to main content

Deut 6:6-9 Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. Jy moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet ‘n merk op jou voorkop wees. Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.

Bybelvers memorisering hoef nie ‘n frustrasie te wees nie! Hier is ‘n paar aktiwiteite om memorisering vir kinders (tuis of in kategese/kleingroepe) makliker te maak.

Basiese wenke

  • Maak (genoeg) tyd daarvoor. Verkieslik nie 15 minute voor die les nie!
  • Gesels met jou kind oor die vers. Maak seker dat hulle ‘n basiese begrip van die konteks het en verduidelik onbekende woorde.
  • Gebruik die kind se leerstyl om hulle met memorisering te help.

Ken jy jou kind se leerstyl? Daar is drie basiese leerstyle:

Ouditief
Hierdie kind onthou maklik wat sy gehoor het. Sy kan lang advertensies herhaal en ken baie liedjies se lirieke sonder om dit eers te probeer leer.

Visueel
Jy kan die hele dag met hierdie kind praat en dit sal by een oor ingaan en by die ander oor uit. Maar wys dit vir hom op papier, en hy begryp dit.

Kineties
Hierdie kind leer deur beweging. Sy brein werk die beste wanneer sy liggaam beweeg. As jy vir hom iets probeer leer, begin hy vorentoe en agtertoe wieg in sy stoel. Wieg, wieg, wieg. Dit mag jou dalk effens van stryk bring, maar hy gebruik waarskynlik die beweging om inligting te verwerk.

Sodra jy jou kind se leerstyl ken, kan jy hierdie kennis gebruik om hulle te help om God se Woord te memoriseer.

Ouditiewe leerders

  1. Kies ‘n eenvoudige deuntjie en pas die vers se woorde daarop in.
  2. Dreunsing die vers.
  3. Herhaal die vers verskeie kere en beklemtoon elke keer ‘n ander woord.
  4. Sê die vers en stop dan skielik – kyk of die kind die volgende woord kan sê. Maak ‘n speletjie daarvan.
  5. Gebruik vingerpoppies om die vers te sê.

Visuele leerders

  1. Moedig die kind aan om die vers neer te skryf.
  2. Skryf die vers neer en gebruik verskillende kleure vir verskillende woorde.
  3. Skryf die vers op ‘n witbord en laat die kind een of twee woorde uitvee elke keer as julle dit herhaal, totdat die witbord skoon is en die kind die vers alleen kan sê.
  4. Skryf die vers uit, maar vervang ‘n paar woorde met prentjies.
  5. Skryf die vers op sticky notes of klein stukkies papier, een woord per papiertjie. Skommel die woorde en laat die kind dit in die regte volgorde pak.

For my auditory learner I let him record the verse and then he can listen to it over and over again or we can play it in the car as we travel! He loves to hear his own voice and make different recordings with different intonations! He loves to make people laugh as well so this works well for him.

Kinetiese leerders

  1. Bons ‘n bal of ballon heen en weer soos julle elke woord van die vers sê.
  2. Raak jou tone en strek weer hoog soos jy die vers sê.
  3. Spring tou of spring op ‘n trampolien soos jy die vers sê.
  4. Demonstreer die vers of gebruik bewegings vir sleutelwoorde.

Not all boys are kinetic learners although the majority of kinetic learners are boys. (You had to stop and think about that one, didn’t you?) It might be hard to determine which learning style your kids gravitate toward while they are preschoolers, but it should start to become clear as they get into school. Identifying learning styles will help to guide you as you teach them throughout their childhood, and reduce wasted time and frustration.

Ten slotte, memoriseer die verse saam met die kinders – moenie hulle dit alleen laat doen nie!

Daag jou kinders hiermee uit en wys vir hulle dat dit vir kinders sowel as volwassenes belangrik is. Dit mag dalk een van die belangrikste dinge wees wat jy ooit vir hulle leer.

Bron: https://kidsbibleteacher.com/memorize-bible-verses

Leave a Reply