Die lede van die Familie Netwerk het aan 12 wenke gedink om gemeentes meer familie vriendelik in te rig (overal vir nuwe persone en besoekers):
- Gebruik foto’s van verskillende rasse en tipe families in PowerPoint
- Let op taal – verwelkom byvoorbeeld alle ouderdomme persone, noem altyd waar die kleedkamers en ruimtes vir klein kinders is, sodat besoekers maklik tuis kan kom
- Let op hoe die voorportaal lyk– is daar byvoorbeeld foto’s van kinders op die mure, is dit rolstoel vriendelik?
- Betrek bejaardes by die jeug- of kinderbediening deur geleenthede te skep vir stories vertel. Spesifieke geleenthede kan hiervoor gereël word of huidige geleenthede kan hiervoor ingespan word.
- Hang foto’s van die kategese groepe in die voorportaal – dit gee vir kinders / jongmense die boodskap gee dat hulle belangrik is en welkom is.
- Pak klein tafeltjies, stoeltjies, Kinderbybels en inkleur goed in die erediens ruimte uit – dit laat voorskoolse kinders welkom voel en bevorder hulle deelname.
- ‘n Klimraam of bordkryt buite en ‘n tafel met koeldrank kan kleiner kinders laat tuiskom terwyl ouers saamkuier na ‘n erediens.
- Benoem ‘n moederskamer eerder “ruimte vir ouers met babas” en kyk of die ruimtes voldoende is en vriendelik is
- Is daar genoeg aanwysings sodat besoekers weet waar alles is? Is dit in verstaanbare terme?
- Doen weeklikse verjaarsdae vieringe met sjokolade of ‘n kaartjie – kry tieners om te help om dit uit te deel.
- Gebruik die kinderoomblik of familietyd in die erediens om huisgeloof aktiwiteite in te oefen – so word huisgesinne / -houdings versterk.
- Gebruik verskillende ouderdom, geslag en tipe personen om getuienisse te gee of ‘n gebed te doen / voor te lees in die erediens.
Die Familie Netwerk is ‘n inisiatief van die Jeug en Familie Taakspan van die Sinode van Wes Kaapland.