Skip to main content

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Wees opbouend!

Hierdie wenk wil dit makliker vir predikante en diensleraars maak om eredienste ‘n plek te maak waar almal, van enige ouderdom, kan tuiskom. Laat die idees jou help om meer ruimte te skep vir interaksie en deelname.

Dit is ook Jeugmaand en ons gebruik die “Veilige Kerk, Veilige Kinders” veldtog om te gesels oor waardes wat help dat kinders/tieners veilig is en tuiskom in die gemeente.

Druk ook die plakkate uit van die Veilige Kerk, Veilige Kinders veldtog en plak dit op in die kerk vir ten minste die volgende paar weke.
Gebruik die PowerPoint in die eredienste, sowel as die meegaande sosiale media blokkies aanlyn (plakkate en ander hulpbronne beskikbaar by: https://dinkjeug.co.za/kinderbeskerming-veilige-kerk-veilige-kinders/)

Veilige Kerk, Veilige Kinders
Verduidelik dat ons as deel van Jeugmaand die “Veilige Kerk, Veilige Kinders” veldtog gebruik om te gesels oor gewoontes wat ons kan aanleer wat kinders en tieners veilig laat voel en help om tuis te kom in ons gemeente.

Wys, lees en bespreek 2 van die skyfies naamlik “Dink voor jy post” en “Wees opbouend”. Vra byvoorbeeld: “Watter raad (moets en moenies) sal jy vir iemand gee oor hoe om opbouend te wees op WA of sosiale media?” Of: “Hoe kan ons besoekers, of mense wat alleen kerk toe kom, laat welkom voel?”

Liefde-teleskoop
Laat almal ‘n liefde-teleskoop maak (‘n hartjie wat hulle met hulle vingers maak) en daardeur loer. Sodra hulle deur hulle liefde-teleskoop iemand raakgesien het, kan hulle vir daardie persoon bid. Gaan voor in gebed.

 

Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.

Leave a Reply