Skip to main content
Erediens: Kerkjaar

Tweede Sondag van Advent erediens wenk

By November 23, 2023No Comments

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Tweede Sondag van Advent

Hierdie Sondag is die tweede Sondag van Advent.  Indien julle die Adventskrans of kerse opgestel het in die liturgiese ruimte, steek nou die 2de kers aan.  Tradisioneel herinner die 2de kers ons aan vrede.

Gesels in groepies met mekaar oor die tekens van vrede waarmee ons bekend is soos ‘n duif, ‘n wit vlag of ‘n “peace” teken.

Die Adventpakkie se tema vir die 2de week van Advent herinner ons aan God se perfekte beloftes – en dat God sy beloftes hou.
Adventpakkie skakel:
https://dinkjeug.co.za/adventpakkie-2023-die-perfekte-kersfees/

Vertel mekaar van ‘n keer wat iemand ‘n spesiale belofte aan jou gemaak het, en gehou het by daardie belofte.  Hoe het dit jou laat voel?

Wat beteken dit vir jou om te weet dat God sy beloftes hou?

Simboliese gebedshandeling: Pleisters

Kry ‘n paar boksies goedkoop pleisters en deel by die deur vir elkeen ‘n pleister uit. 

In ‘n tyd waar daar soveel geweld en oorloë en misdaad heers, kom ons bid vir God se vrede in moeilike tye.  Dink aan ‘n spesifieke persoon, land of situasie vir wie jy wil bid vir vrede. Skryf die naam bo-op die pleister en gaan plak dit by die huis op ‘n plek waar jy gereeld verbyloop, om jou te herinner daaraan om te bly bid vir hulle.

 

Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.

Leave a Reply