Skip to main content
Liturgie

Sondebelydenis en vryspraak erediens wenk

By September 5, 2023No Comments

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Sondebelydenis en vryspraak

Die intergenerasionele wenk kan gebruik word ongeag wat die tema en teks is van die preek. Dit kan dus weekliks deur enige gemeente gebruik word. Dit fokus nie op die teks van die preek nie, maar op iets anders vanuit ons kerktradisie, geloof of leefwêreld.

Ons vier tans Koninkrykstyd en dink na in hierdie seisoen oor hoe ons as navolgers van Jesus sy koninkryk laat kom. Fokus hierdie Sondag daarop om sondebelydenis en vryspraak te  verduidelik.

Benodigdhede: groot bak sand (of meer as daar baie mense is)

Jammer sê
Vra die gemeentelede om mekaar te vertel waar hulle onlangs die woord “jammer” gehoor het (bv. jy het ‘n fout gemaak en moes jammer sê, of iemand het dalk vir jou jammer gesê). Jy kan self ook ‘n storie deel.

Sondebelydenis en vryspraak
Dis vir die Here belangrik dat ons jammer sê (sondebelydenis doen) al het hy ons reeds vergewe. Hoekom so? Dit help ons om tot insig te kom, en ons verhouding met Hom en ander weer reg te stel. Daarom gaan belydenis en vryspraak altyd hand aan hand, soos twee kante van dieselfde muntstuk.

Die erediens is die plek waar ons in ‘n tweegesprek is met die Here. Ons kom bymekaar om die Here te ontmoet. In die ou dae het die predikant altyd die wet voorgelees saam met die vryspraak uit bv. 1 Johannes 1: 8-9. Vandag gebruik ons soms ook liedere, gebede, die preek self of stilte om tyd te gee vir introspeksie.

Simboliese aksie
Speel nou musiek terwyl gemeentelede die kans kry om iemand wat hulle moet vergewe of iets waarvoor hulle vergifnis wil vra, in die sand skryf (die eerste letter daarvan). Hulle moet die letter in die sand dan wegvee/skoonvee as simbool daarvan dat Jesus hulle reeds vergewe het.

 

Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.

Leave a Reply