Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Simbole – Kaapkerk logo
Die intergenerasionele tyd of interouderdom tyd is anders as ‘n kindermoment in dié sin dat dit nie ‘n kort kinderpreek is nie, maar wel ‘n tyd waar oud en jonk kan deelneem aan die erediens. Of daar dus kinders opdaag of nie, gebruik dit as ‘n tyd om mense nader aan mekaar te bring om mekaar se geloof te vorm.
Ons kyk na simbole van die kerk en het die afgelope drie weke gesels oor die Christus-monogram, die boot en die Ichtus vis wat almal uit die antieke kerk kom. Hierdie Sondag kyk ons na ‘n simbool uit ons eie lewe. Simbole is ‘n prentjie wat ons help om iets belangrik te onthou. Simbole kan ook meer as een betekenis hê.
Gesels in die banke:
Watter simbool of prentjie sal jy kies vir die kerk?
Ons kerkfamilie in die Wes-Kaap het ‘n splinternuwe simbool:
Die fyn lynskets kan verskillende dinge beteken. Sommige mense sien dit as torings of vensters, terwyl ander mense aan Golgota en die oop graf herinner word. Die Triniteit word uitgebeeld met die driemalige herhaling en infiniteit met die gebruik van slegs een lyn.
Simboliese aksie:
Gee vir mekaar drie “high fives” en sê vir mekaar: “Jy is deel van die familie!”
Onthou dat Mandela dag op 18 Julie gevier word.
Hier is ‘n vorige Mandela dag wenk: https://dinkjeug.co.za/wenk-van-die-week-18-07-2021-diensbaarheid-en-mandela-dag/
Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.