Skip to main content
Erediens: Familiediens

Ouer en jonger stemme erediens wenk

By September 13, 2023No Comments

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Ouer en jonger stemme

Die intergenerasionele wenk kan gebruik word ongeag wat die tema en teks is van die preek. Dit kan dus weekliks deur enige gemeente gebruik word. Dit fokus nie op die teks van die preek nie, maar op iets anders vanuit ons kerktradisie, geloof of leefwêreld.

Gesels hierdie week daaroor dat die gemeente ‘n familie is wat almal insluit – jonk en oud, swak en sterk, man en vrou. Almal is ewe belangrik, almal ewe deel, almal se stem moet gehoor word, en almal se bydrae is nodig. Dié tema kan aansluit by die leesrooster teks Romeine 14:1-12, maar as jy nie daaroor preek nie, kan jy steeds hierdie wenk gebruik.

Springbokspan analogie
Jy sou ‘n Springbok vlag ens. voor kon hê, ‘n Springbok hemp dra en dan vra wie kyk die Wêreldbeker Rugby. Laat hulle in die banke (oud en jonk) met mekaar gesels.

Jy kan die analogie gebruik van die Springbokspan om uit te wys dat ‘n span verskillende tipe spelers en ondersteuners het wat verskil van mekaar, maar elkeen se rol is belangrik – stutte, vleuels, losskakel, skrumskakel, slotte, afrigters, fisio’s, spandokter, bestuurder, ens.

Laat hulle met mekaar gesels oor: Wat sou gebeur as ‘n mens die rolle omruil of van die rolle weglaat?

Die gemeente bestaan ook uit verskillende tipe mense met verskillende agtergronde, vermoëns, ouderdomme ens; maar daar is almal ewe belangrik, almal ewe deel, almal se stem moet gehoor word, en almal se bydrae is nodig.

Ouer en jonger stemme
Vertel hier ‘n storie waar jou geloof gevorm is deur iemand wat anders is as jy, byvoorbeeld ‘n bejaarde of ‘n kind / tiener.

Vra daarna dat elkeen dink aan ‘n persoon wat ouer / jonger / heeltemal anders is as jy wat jou onlangs iets geleer of gewys het.

Sien aangeheg ‘n bladsy uit die boek Ontmoet die toekomshttps://dinkjeug.co.za/wp-content/uploads/2023/09/Ouer-en-jonger-stemme.pdf

Die boek kan bestel word by [email protected]

Besoek ook gerus die webtuiste www.kerkvandietoekoms.co.za

 

Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.

Leave a Reply