Skip to main content
Geloofsgewoontes

Nuwe vriende erediens wenk

By January 29, 2024No Comments

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Nuwe vriende!

Die wenk van die week het ten doel om gebruik te word as ‘n kinder oomblik, maar wat almal in die erediens (oud en jonk) betrek. Dit word nie noodwendig gekoppel aan die teks/preek nie, maar eerder aan die kerkjaar, biddae, of dit wat in die kerk gedoen word.

Hierdie week se tema is nuwe vriende – kom ons dink saam oor hoe ons nuwe intrekkers, nuwe maats, nuwe bure ens. verwelkom.

Aktiwiteit: nuwe mense

Laat almal hand opsteek as dit waar is van jou:

  • Ek het ‘n nuwe skool begin bywoon
  • Ek het ‘n nuwe werk begin
  • Ek is in ‘n nuwe klas met ander klasmaats as verlede jaar
  • Ek het ‘n nuwe kollega by die werk
  • Ek weet van iemand nuut by die skool / werk
  • Ek weet van nuwe intrekkers in ons buurt

Gesels oor die vraag: Vertel van ‘n keer toe jy ‘n nuwe vriend gemaak het of iemand jou laat tuis voel het.

Verwelkom nuwe intrekkers / besoekers
Verwelkom nou nuwe intrekkers of besoekers met ‘n kaartjie en ‘n lekkertjie. Vra sommer vir vrywilligers in die diens wat hand opsteek om met elke besoeker / nuwe intrekker na die diens koffie te drink om hulle meer te vertel van die gemeente.

Verbind die tema aan #imagine
Vertel vir die gemeente dat julle die tieners en hulle leiers / families uitnooi na die #imagine tiener kamp 21-23 Maart 2024 in Bredasdorp (inligting by: https://drive.google.com/drive/folders/1MzCnUfK0jD1C9MPygKVsLrPbVNjljOyl?usp=sharing ). Dit is ‘n geleentheid om met jou vriende ‘n opbouende naweek van aanbidding, groei en pret te hê, maar ook ‘n manier om nuwe vriende te ontmoet, ook van ander kerke en kulture.

Jy kan oorweeg om hierdie video te wys oor wat #imagine tieners oor nuwe vriende sê:

 

Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.

Leave a Reply