Skip to main content

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Moedersdag

Die doel van hierdie weeklikse e-pos is om ‘n praktiese idee te deel van hoe ‘n mens kinders, tieners en families deel kan maak van die erediens en hulle kan laat tuiskom.

Moedersdag is vir sommige vroue ‘n uitsluitende geleentheid en nie almal het ‘n positiewe ervaring van hulle eie ma’s nie. Hierdie bied egter ‘n wonderlike geleentheid om erkenning te gee aan die verskeidenheid emosies wat met die dag gepaard gaan en so kan meer mense ingesluit word by die viering daarvan.

Jy sou Moedersdag kon koppel aan Pinkster deur te noem dat die Gees mense gebruik, soos moeders, onderwysers en ander rolmodelle in ons lewens.

Moedersdag
Hulpmiddels: ink (ink”pad”) en kaartjies (sien uitdeelstuk: https://dinkjeug.co.za/wp-content/uploads/2024/05/Uitdeelstuk-Moedersdag-vinger-afdruk.pdf)

OF klei, tandestokkies en tou (crazy clay of iets soortgelyk wat vinnig droog raak, sal goed werk) – sien skakel vir voorbeeld: https://kixkinders.co.za/wp-content/uploads/2024/04/Moedersdag-vinger-afdruk-ornament.pdf

Gesels in die banke met mekaar:
Vertel van iemand wat vir jou omgee of versorg en ‘n unieke rol in jou lewe speel / gespeel het – dit kan ‘n vriendin, tannie, niggie, ouma, stiefma, onderwyser ens. wees.

Simboliese handeling van vingerafdrukke
Vertel dat elke mens se vingerafdruk uniek is. Só is die rol wat ons in mekaar speel ook uniek en los ons ‘n “afdruk” op mekaar se lewens. Vandag vier ons alle tipe moeders en mense wat ons versorg, aanmoedig en vir ons omgee. Ons maak vir hulle hartjies (uit klei of op kaartjies) met ons duim afdrukke (2 duime vorm ‘n hart) om daarmee vir hulle te sê – net soos wat elke duim afdruk uniek is, speel jy ‘n unieke rol in my lewe.

Gee iewers tydens die diens vir kinders geleentheid om hulle duim afdrukke op die kaartjies te maak / klein hangertjies te maak. Hulle kan meer as een maak en vir verskillende mense gee wat ‘n rol in hulle lewe speel.

Gebed
Gee tydens die gebed erkenning aan die verskeidenheid emosies wat mense op Moedersdag beleef – dankbaarheid, vreugde, verlange, verlies, hartseer en teleurstelling. Of jy kan die huldeblyk “aan almal” lees.

Huldeblyk

Aan almal… op Moedersdag

 

Erediens wenk oor die simbole van Pinkster: https://dinkjeug.co.za/simbole-vir-pinkster/

Nog idees vir Moedersdag: https://dinkjeug.co.za/moedersdag-2021/

Spesiale gebed vir Moedersdag: https://dinkjeug.co.za/spesiale-gebed-vir-moedersdag/

 

Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.

Leave a Reply