Skip to main content

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Met God op reis (Eksodus 33)

Hierdie week se tema is met God op reis, en sluit aan by die leesrooster teks, Eksodus 33. Dit was ook die fokus teks vir die Algemene Sinode vergadering (15-20 Oktober 2023) te Johannesburg.

Verwys ook gerus terug na die vorige wenk oor die Algemene Sinode Vergadering:
https://dinkjeug.co.za/wenk-van-die-week-algemene-sinode/

Eksodus prente
Vertoon die aangehegte beeld:

Hierdie was die voorblad van die Algemene Sinode Vergadering se Agenda van 2023.
Die kunswerk op die voorblad is ontwerp deur Nico Simpson van Bybel-Media.

Dit beeld die Eksodus verhaal uit in prentjies – want die mense wat die vergadering bygewoon het, het elke dag saam uit Eksodus 33 gelees en oor hierdie reisverhaal nagedink.

Aktiwiteit
Vertoon van die prente of druk die prente vooraf uit en gee vir elkeen ‘n kaartjie met een van die prente op (sien by: https://dinkjeug.co.za/wp-content/uploads/2023/10/Eksodus-33-prentjies.pptx ).

Laat almal raai watter deel van die reisverhaal van Moses en die Israeliete elke prent verteenwoordig. Hulle kan na mekaar draai om mekaar te help.

Met God op reis (gesprek in die banke)
Die verhaal van Moses help ons om te onthou dat God saam met ons op reis is. Deel met mekaar een moeilike ding van jou week (woestyn) en een lekker ding van jou week (water uit die rots).

 

Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.

Leave a Reply