Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Lydenstyd (simbool: vis eet)
Hierdie week is dit die vyfde Sondag in Lydenstyd. Jy kan weer die Lydenstyd simbole uitpak en die vyfde kers van die sewe-kandelaar in die erediens simbolies doodblaas.
Kry vooraf klippies / blokkies gereed en koop marshmallow vissies vir die aktiwiteit.
#imagine
Onthou ook om vir die tieners en volwassenes te bid wat volgende week die #imagine kamp bywoon. Julle sou vir hulle elkeen ‘n pakkie kon gee van die gemeente met ‘n kaartjie, waterbottel en eetgoed.
Simbool: vis
Gesels: Hoekom is visse ook ‘n simbool vir Lydenstyd? (laat hulle met mekaar gesels)
Verduidelik: Hierdie simbool is relatief onbekend vir baie van ons, maar tog het jy dalk gesien dat daar vis (veral kerrievis in die Kaap) in die winkels verskyn rondom Paasfees. Hierdie tradisie om vis te eet op Vrydae is ‘n ou Katolieke gebruik om vir die 7 Vrydae in Lydenstyd van vleis te vas. Vis (i.p.v. vleis) word veral ook op Goeie Vrydag deur baie Christene geëet uit respek vir Jesus (die Lam) wat op ‘n Vrydag aan die kruis gesterf het. Baie mense (bv. in Engeland) het die gebruik om elke Vrydag vis-en-tjips te eet. Julle kan dalk oorweeg om vir die volgende 3 Vrydae ook te vas van vleis en vis te eet.
Die ichtus-vis simbool was ook ‘n manier vir die vroeë Christene om hulleself te identifiseer: https://dinkjeug.co.za/wenk-van-die-week-simbole-ichtus/
Simboliese aksie
Bou met klippies / blokkies ‘n vis simbool voor in die liturgiese ruimte. Deel daarna marshmallow vissies uit vir elkeen.
Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.