Skip to main content
Erediens: Kerkjaar

Lydenstyd erediens wenk (simbool: koerant kruise)

By February 20, 2024No Comments

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Lydenstyd (simbool: koerant kruise)

Hierdie week is die tweede Sondag van Lydenstyd.

Lydenstyd
Verduidelik kortliks die simbole van die kerkjaar seisoen (versier gerus die liturgiese ruimte met pers lap, die sewekandelaar, ‘n doringkroon, ‘n kruis, en die nagmaalbord en -beker vir die duur van Lydenstyd).  Blaas hierdie week die tweede kers dood van die sewekandelaar om Jesus se lyding en die naderende Paastyd voor te stel.

Kruis-simbool
In Lydenstyd dink ons aan die lyding van Jesus op aarde, ook met sy dood aan die kruis. Ons onderneem om Hom te volg, en om bereid te wees om self te ly ter wille van die evangelie. (Dit sluit aan by die leesrooster teks Mark 8: 31-38) Ons dink ook aan ander wat swaarkry. Ons glo nie dat alles net goed gaan met gelowiges nie, maar dat die Here ons dra en help te midde daarvan. Daarom kan ons ook vir ander omgee wat ly.

Maak koerant kruise
Laat die gemeente in gesinne / groepe kruise uit koerantpapier vou. Hulle kan die kruise tuis opplak as ‘n herinnering aan Lydenstyd (kruis) en om te bid vir die wêreld se nood (koerant) in hierdie tyd. Daarna kan hulle saam bid.

Wêreldbiddae
Herinner almal aan die Wêreldbiddag vir Vroue (1 Maart 2024) en Mans (2 Maart 2024). Ons bid dié jaar vir Palestina, wat tans te midde van oorlog is.

https://worlddayofprayer.net/palestine-2024.html

 

Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.

Leave a Reply