Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Lentedag
Hierdie Sondag se tema is Lentedag, waar ons mekaar kan herinner aan God wat die Skepper is en die lewe vir ons vol kleur maak. Dit is ‘n oomblik om ook oud en jonk saam iets te laat doen.
Lentedag
Vertel dat 1 September tradisioneel Lentedag is. Al lyk en voel dit nog soms baie koud, is die seisoene aan die verander.
Aktiwiteit
Wys ‘n foto van ‘n reënboog en vra dat almal dan saamwerk om iets (of meer as een ding) in die kerk te vind met elke kleur: rooi, oranje, geel, groen, ligblou, donkerblou en pers. Afhangende van hoeveel mense in die erediens is, kan hulle dit in kleiner groepe doen of almal saam werk.
Verbind dit daarna aan die Here wat soveel mooi dinge gemaak het, en dat lentetyd ‘n tyd is waar ons juis nuwe lewe en bloeisels kan raaksien.
Hier is die voorstel van KiX vir ‘n Lentedag stap-en-soek wat hierby aansluit:
https://kixkinders.co.za/wp-content/uploads/2024/07/Lentedag-2024.pdf
Sang
Sing daarna lofliedere soos O Heer my God, Kyk hoe dat die voëltjies vlieg, Wie is die Koning?, Hy hou die hele wêreld in sy hand, Loof heel die Skepping, ens.
Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.