Skip to main content
Erediens: Kerkjaar

Goeie Vrydag erediens wenk

By March 7, 2024No Comments

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Goeie Vrydag

Hierdie Vrydag is dit Goeie Vrydag, ‘n belangrike viering in ons kerkjaar. Daar sal ook kinders in die erediens wees en daarom is dit belangrik om ook tyd in te ruim om ‘n familie-vriendelike oomblik te skep.

Simbole
Gebruik die volgende simbole wat ons almal in die winkels sien om die Christus-verhaal te vertel en te vier (koop dit vooraf en stal dit uit):

  • Paasbolletjies(“hot cross buns”) en sap herinner ons aan Jesus se laaste ete voor sy dood waar hy die betekenis van sy kruisdood verduidelik het. (Matteus 26:26-30)
  • Vis(veral kerrievis) i.p.v. vleis, word op Paas Vrydag geëet uit respek vir Jesus (die Lam) wat gesterf het. (Kruisverhaal is in Matteus 27:32-44, 50-51). Vis herinner ons ook aan die ichtus simbool – die kenteken van vroeë dissipels. Ichtus beteken vis in Grieks, maar is ook ‘n Griekse akroniem wat staan vir Jesus Christus ons Here.
  • Sjokolade eiersdui op die leë graf (hol eiers/eierdoppe) en die klip voor die graf. Eiers en kuikens dui ook op die opstanding (nuwe lewe). Die sjokolade herinner ons hoe lekker dit is om Jesus se kind te wees (Matteus 27:57-61 en 66, Matteus 28:1-10).
  • Hasies en henneword verbind aan vrugbaarheid (nuwe lewe, lewe in oorvloed). Vir kleiner kinders kan ‘n mens bloot verduidelik dat alle diertjies saam met ons die partytjie vier, want Jesus leef – of die hasie kan ook die Paasverhaal help “vertel”.

Nog wenke en idees: https://dinkjeug.co.za/lydenstyd-paasfees/

 

 

Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.

Leave a Reply