Skip to main content

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Gesels in die Lig!

Hierdie wenk wil dit makliker vir predikante en diensleraars maak om eredienste ‘n plek te maak waar almal, van enige ouderdom, kan tuiskom. Laat die idees jou help om meer ruimte te skep vir interaksie en deelname.

Ons gebruik die “Veilige Kerk, Veilige Kinders” veldtog om te gesels oor waardes wat help dat kinders/tieners veilig is en tuiskom in die gemeente. Al is daar min of geen jongmense in die erediens as gevolg van die skoolvakansie, kan hierdie wenk steeds gebruik word.

Druk ook die plakkate uit van die Veilige Kerk, Veilige Kinders veldtog en plak dit op in die kerk vir ten minste die volgende paar weke.
Gebruik die PowerPoint in die eredienste, sowel as die meegaande sosiale media blokkies aanlyn (plakkate en ander hulpbronne beskikbaar by: https://dinkjeug.co.za/kinderbeskerming-veilige-kerk-veilige-kinders/)

Veilige Kerk, Veilige Kinders
Verduidelik dat ons as deel van Jeugmaand die “Veilige Kerk, Veilige Kinders” veldtog gebruik om te gesels oor gewoontes wat ons kan aanleer wat kinders en tieners (en ander) veilig laat voel en help om tuis te kom in ons gemeente.

Wys, lees en bespreek 2 van die skyfies naamlik “Gesels in die lig” en “Jy mag nee sê”.

Bespreek die vraag – Was jy al ooit in ‘n situasie wat goed bedoel was, maar waar iemand jou ongemaklik laat voel het? Dalk is jy na verwys met ‘n verkleiningswoord soos byvoorbeeld “mammie, liefie, pappie, dominee’tjie”? Dalk het iemand jou ‘n ongewenste soen of druk gegee?  Of dalk het iemand ‘n grappie gemaak wat jou aanstoot gegee het?

Kom ons herbesoek gewoontes wat mense ongemaklik kan laat voel en wees eerder versigtig met ons woorde en dade, sodat ons ander veilig en gerespekteerd laat voel.

Aktiwiteit
Speel “Rock, Paper, Scissors” net vir die lekkerte as ‘n ysbreker en ‘n manier om positiewe interaksie uit te beeld.

 

Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.

Leave a Reply