Skip to main content
Erediens: Kerkjaar

Eerste Sondag van Advent erediens wenk

By November 22, 2023No Comments

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Eerste Sondag van Advent

Hierdie Sondag is die eerste Sondag in die Westerse kerkjaar en die begin van Advent.  (Begin gerus die erediens Sondag met ‘n Voorspoedige Nuwejaar wens, en sien hoe almal frons!)

Maak in die erediens saam ‘n Adventskrans om hierdie tyd van die kerkjaar in te lei, of stel die Adventpakkie bekend wat gesinne vir die volgende 5 weke saam kan gebruik.

Benodigdhede vir Adventskrans: 

  • 5 wit kerse
  • Stringe wit, pienk en pers lint (3 keer meer pers as wit en pienk)
  • Groen papierstroke of blare

Adventskrans aktiwiteit:
Gee aan elkeen ‘n stukkie lint of papier soos wat hulle die kerkgebou binnekom.  Verduidelik Adventstyd en die kleure en simboliek van ‘n Adventskrans.

Gee nou kans dat almal in die banke in groepies kan gesels oor wat Jesus se koms vir hulle beteken.  Afhangend van die erediens opset, kan 5 kerse in ‘n sirkel gepak word voor in die liturgiese ruimte, of agter in die kerk, en die wat wil kan tydens of na die diens hul lint gaan bind om die spesifieke kerse, of die groen blare/papierstroke krul en as ‘n krans om die kerse pak.  Die ideaal is om die gemeente se Adventskrans tot Kersfees uit te stal waar almal dit kan sien en kan onthou dat hulle deelgehad het aan die maak daarvan.

Die Adventpakkie se week 1 tema het ook ‘n pragtige templaat vir ‘n Adventskrans wat uitgedruk en uitgeknip kan word om ‘n gesamentlike krans te maak vir julle liturgiese ruimte.

Adventpakkie skakel: https://dinkjeug.co.za/adventpakkie-2023-die-perfekte-kersfees/

Alternatief: Adventpakkie
Gebruik week 1 se tema van die Perfekte Boom, en gee almal kans om oor hul stamboom of familieboom te gesels, en dan te verwys na Jesus se stamboom soos ons daarvan lees in Matt 1:1-16.  Gebruik die uitdeelstuk van ‘n boom sodat gesinne hul familiename kan inskryf, en saam gesels oor waar Jesus deel is van hulle familie.

Meer oor Advent: https://dinkjeug.co.za/advent-hoe-wat-en-waar/

Simboliese gebedshandeling:
Dit was 1 Desember Wêreldvigsdag, so gebruik hierdie as ‘n gebedsmoment terwyl die eerste Adventskers aangesteek word:

Liefdevolle God,

terwyl ons ’n wêreld gekonfronteer met MIV & Vigs aan U opdra,

bid ons in die hoop dat u wil sal geskied:

Waar lewens kort is, mag dit vol wees.

Waar genesing ver is, mag daar steeds heling wees.

Waar die liggaam swak is, mag die gees sterk wees.

Waar stilte vernietigend is, mag daar moed wees om te praat.

Waar oordeel haastig is, mag ons harte oop bly.

Wanneer realiteit oorweldigend is, mag ons steeds reageer.

Waar geloof getoets word, mag ons U daar vind.

In die Naam van Jesus. Amen.

– Simeon Mitchell, Christian Aid

 

Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.

Leave a Reply