Skip to main content
Erediens: Kerkjaar

Derde Sondag van Advent erediens wenk

By November 24, 2023No Comments

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Derde Sondag van Advent

Hierdie Sondag is die derde Sondag van Advent.  Indien julle die Adventskrans of kerse opgestel het in die liturgiese ruimte, steek nou die 3de kers aan.  Tradisioneel herinner die 3de kers ons aan vreugde.

Wys ‘n paar prentjies/foto’s van dinge of mense wat baie vreugde bring, soos ‘n nuwe baba, ‘n geskenk, ‘n mooi bos blomme, valskermspring.  Gee kans vir gesprek oor dinge wat mense vreugde gee – sommige is vir ‘n oomblik, soos ‘n roomys, ander is vir altyd – soos ‘n nuwe baba.

Die Adventpakkie se tema vir die 3de week van Advent herinner ons aan God wat as die perfekte Lig aarde toe gekom het.

Gesels met mekaar oor hoe belangrik lig is.  Dit laat plante en bome groei, dit gee energie, dit maak lewe moontlik, dit wys ons die pad en dit waarsku ons van probleme – dink aan ‘n enjin liggie wat aangaan indien die brandstof amper op is of daar fout is in die enjin.

Wat beteken dit vir jou om te weet dat Jesus vir ons Lig is?

Simboliese handeling:
Die Adventpakkie het in week 3 ‘n oulike gloeilamp templaat wat uitgedruk kan word, en gemeentelede kan hul palms in geel verf druk en dan ‘n afdruk maak binne-in die gloeilamp prentjie as ‘n teken dat Jesus ook vir ons die Lig is.  Hulle kan dit huis toe neem en aan hul Kersbome hang.

Adventpakkie skakel:
https://dinkjeug.co.za/adventpakkie-2023-die-perfekte-kersfees/

 

Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.

Leave a Reply