Skip to main content
Biddae

Biddag vir Dowes erediens wenk

By August 25, 2023August 28th, 2023No Comments

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Biddag vir Dowes

Die intergenerasionele wenk kan gebruik word ongeag wat die tema en teks is van die preek. Dit kan dus weekliks deur enige gemeente gebruik word. Dit fokus nie op die teks van die preek nie, maar op iets anders vanuit ons kerktradisie, geloof of leefwêreld.

Hoekom vier ons Biddag vir Dowes al is daar dalk nie dowe lidmate in jou gemeente nie? Ons raak weereens bewus van die diversiteit van mense om ons en sensitief vir hulle behoeftes. En ons bid saam met die res van die land vir die uitdagings wat mense soos hardhorendes of dowe persone mag beleef.

Hier is ‘n paar voorstelle vir die erediens:

Verwelkoming
Vertel dat dit vandag Biddag vir Dowes is en laat almal mekaar groet sonder om woorde of klank te gebruik. (Hulle kan oogkontak, lyftaal, high-fives, handskud, ens. gebruik.)

Simboliese moment
Raak stil in die diens  – al is dit vir ‘n rukkie, waar ons met ons oë waarneem of na iets kyk bv. ‘n prent of simbool, sonder om daaroor iets te sê.

Getuienis
Laat iemand wat hardhorend is dalk vertel van hulle ervaring in die alledaagse lewe en in die kerk – wat help en wat is moeilik?

Gebed – laat die gemeente in klein groepies saam bid (vertoon onderstaande op die skerm)

  • Bid vir die geestelike groei van dowe mense
  • Bid dat meer dowes God se Woord sal hoor en Jesus sal leer ken as hulle Here
  • Bid vir die gemeentes en persone wat dowes bedien
  • Bid vir die 2 NGK dowe gemeentes in ons Sinode streek – die Dowe Familiekerk in Worcester en die De la Bat gemeente in Bellville
  • Bid vir dowe mense se families
  • Bid vir dowe mense en mense wat hardhorend is in julle dorp
  • Bid vir meer tolke wat opgelei kan word
  • Dank die Here dat Gebaretaal nou amptelik die 12de taal van SA is (sedert 19 Julie 2023) https://www.sanews.gov.za/south-africa/sign-language-officially-12th-official-language

 

Of gebruik die gebed van die NID vir gemeentes en laat almal dit saam bid en die gebare saam doen. Speel dit twee keer.
Laai die video af by: https://nid.org.za/news/day-of-prayer-for-the-deaf/

 

Uitdeelstuk – inkleurblad vir kinders: Biddag vir Dowes uitdeelstuk PDF

Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.

Leave a Reply