Skip to main content
Biddae

Biddag vir Bejaardes erediens wenk

By September 22, 2023No Comments

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Biddag vir Bejaardes

Die intergenerasionele wenk kan gebruik word ongeag wat die tema en teks is van die preek. Dit kan dus weekliks deur enige gemeente gebruik word. Dit fokus nie op die teks van die preek nie, maar op iets anders vanuit ons kerktradisie, geloof of leefwêreld.

Vandag is Biddag vir Bejaardes en ‘n goeie geleentheid vir lidmate om die bejaardes beter te leer ken. Gebruik die intergenerasionele tyd (soms genoem “kindermoment”) om interaksie tussen die generasies in die gemeente te bevorder. Onthou dat al is daar geen of min kinders in die erediens, jy steeds hierdie wenk kan doen, want dit gaan oor verhoudings.

Aktiwiteit
Wys ‘n paar ou huishoudelike items op die skerm of druk prente uit of maak ‘n uitstalling van nuwe en moderne items.

Hier is ‘n foto van hoe die uitstalling kan lyk (geneem by die Wedersyds konferensie die afgelope week):

Ouer mense kan jonger mense vertel wat die ou items is, en ouer mense kan jonger mense vra om te verduidelik wat bv. TikTok of air pods is.

Doel van die aktiwiteit
Eerstens, dat verskillende generasies in die diens mekaar se name leer ken, en tweedens kan jy die punt maak dat ons een familie is en dat ons by mekaar kan leer.

Verdere idees
Indien julle nie ‘n vorige jaar die uitdeelstuk gebruik het nie, kan julle oorweeg om dit te gebruik:

Biddag vir Bejaardes uitdeelstuk

Rol die uitdeelstuk af en deel dit (met penne) aan bejaardes uit om in te vul. Elke jonger persoon kan dan ‘n bejaarde persoon gaan ontmoet deur die onderhoud te voer of die ingevulde uitdeelstuk by hulle gaan haal. Maak seker hulle ken mekaar se name.

 

Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.

Leave a Reply