Skip to main content
BiddaeErediens: Kerkjaar

Biddag vir Opvoeding en Onderwys erediens wenk

By February 5, 2024No Comments

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Biddag vir Opvoeding en Onderwys

Hierdie week is dit Biddag vir Opvoeding en Onderwys. Dit is ook Woensdag Valentynsdag en Aswoensdag. Sonder om dit ingewikkeld te maak, kan ‘n mens al drie vier. Die Familie Tuisblad (sien onder) help om die teks (2 Kon 2) ook aan die tema te verbind, maar onthou dat hierdie wenk gedoen kan word ongeag watter teks oor gepreek word.

Hulpmiddels
Berei klein potjies van as gemeng met ‘n bietjie lyfroom/olyfolie voor. Dit moet maklik kan smeer met ‘n vingerpunt. Alternatiewelik kan ‘n mens klein plakkers druk met ‘n kruis en/of hartjie op wat ‘n mens op almal se voorkoppe of klere kan plak as ‘n herinnerings-teken.

Aswoensdag
Vertel wat Aswoensdag is en hoe dit in kerke dwarsoor die wêreld gevier word met as-kruisies wat op mense se voorkoppe gemaak word.
Lees meer hieroor by: https://dinkjeug.co.za/aswoensdag-met-families/

Verbind dit aan Valentynsdag en Biddag vir Opvoeding en Onderwys
Hierdie week vier ons die liefde. Dit is spesiaal dat Valentynsdag en Aswoensdag op dieselfde dag val hierdie jaar, want ons kan dan Woensdag onthou dat liefde nie (net) gaan oor romanse en wat jy kry (soos sjokolade of kaartjies) nie, maar oor hoe jy met Jesus se liefde mense dien met jou vriendelikheid en diensbaarheid.

Gebed
Kom ons bid dat die Here ons harte sal vul met liefde vir ander en kom ons bid spesiaal vanoggend ook vir dié mense in die skole in ons dorp (onderwysers, dosente, skoolhoofde, afrigters en helpers) wat daagliks ons kinders, tieners en studente dien in liefde. Gee kans dat mense in klein groepies kan bid.

Liturgiese aksie
Laat almal na vore kom (of in die banke as daar te veel mense is) om ‘n kruisie/hartjie met as te maak op mekaar se voorkoppe of die plakker te ontvang.

Uitdeelstuk
Deel hierdie kaartjies uit wat kinders vir hulle onderwysers kan gee: https://dinkjeug.co.za/wp-content/uploads/2023/02/kaartjies-vir-onderwysers.pdf

 

Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.

Leave a Reply