Skip to main content

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Biddag vir Beskermingsdienste

Hierdie Sondag is dit Biddag vir Beskermingsdienste en ons bid vir die polisie, sekuriteitspersoneel, weermag, brandweer, verkeersdienste, paramedici en ander wat ons dorpe, paaie en omgewing veilig hou.

Oorweeg om gemeentelede wat deel is van hierdie beroepe, na die erediens te nooi (in hulle uniforms) en dan kan daar vir hulle ‘n spesiale gebed gedoen word. Jy sou ook tieners kon vra om gebede voor te lees.

10 Gebede vir ons Beskermingsdienste

  • Anriëtte de Ridder

Here, ons Redder en Groot Beskermer, ons bid vandag vir al die manne en dames wat ons moet beskerm in tye van nood of gevaar.

  1. Ons bid dat U vir hulle MOED sal gee om te midde van bedreiging hulle werk te doen.
  2. Ons bid dat U hulle sal vul met KRAG – uiterlike krag, maar ook innerlike krag vir hulle taak.
  3. Ons bid dat U hulle TOEGEWYD sal maak om te volhard te midde van uitdagings.
  4. Ons bid dat U vir hulle WYSHEID sal skenk om met onderskeiding en wysheid moeilike besluite te maak.
  5. Ons bid dat hulle EERLIK sal wees en ‘n voorbeeld sal stel te midde van korrupsie en onreg.
  6. Ons bid dat U hulle sal help OMGEE – dat hulle met deernis alle mense sal dien en help.
  7. Ons bid dat U hulle elkeen se GELOOF in U sal versterk en dat hulle as getuies vir U hulle lig sal laat skyn.
  8. Here, daar waar hulle verlies ervaar of swaarkry, bid ons dat U hulle sal TROOS en dat mense hulle sal ondersteun.
  9. Here Jesus, ons bid dat U vir hierdie land VREDE sal skenk, en dat ons almal sal saamwerk om vredemakers te wees.
  10. En ons bid dat U hulle elkeen, en ons almal, elke dag VEILIG sal hou. Ons bid dit in Jesus se Naam, Amen.

Hier is ‘n bypassende PowerPoint skyfie:


En ‘n kaartjie om uit te deel saam met ‘n bederfpakkie of item: Biddag vir Beskermingsdienste 4 kaartjies op A4

Kinders kan ook kaartjies maak en dit na afloop van die diens by die plaaslike polisiestasie, sekuriteitsfirma, brandweerstasie ens. gaan uitdeel.
“Jy is ‘n held” kaartjies: https://dinkjeug.co.za/wp-content/uploads/2021/11/Biddag-vir-Beskermingsdienste.pdf

Alternatief:
Indien jy nog nie gebruik gemaak het van die “Veilige Kinders, Veilige Kerk Projek” nie, kan jy dit ook hierdie Sondag bekendstel m.b.v. die PowerPoint en plakkate. https://dinkjeug.co.za/kinderbeskerming-veilige-kerk-veilige-kinders/

Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.

Leave a Reply