Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Barmhartigheidsmaand (deel 2)
In Augustus vier ons naas Vrouemaand ook Barmhartigheidsmaand.
Little Seeds (Badisa en Diaconia) verskaf die volgende eredienswenk:
- Nooi enige iemand wat deur die dag na kinders kyk, formeel of informeel, na die liturgiese ruimte. Julle kan vooraf spesifieke mense uitnooi om die erediens by te woon.
- Gee vir elkeen ‘n sjokolade met ‘n kaartjie by. Hier is ‘n voorstel van DinkJeug vir ‘n uitdeelstuk: https://dinkjeug.co.za/wp-content/uploads/2023/02/kaartjies-vir-onderwysers.pdf
- Nooi kinders en ouers om saam vir die mense te kom bid.
- Spreek julle gemeente se waardering vir die mense uit.
Vertoon of druk gerus naas die eredienswenk, ook die diens-wenk en die gemeenskapswenk:
Indien jy wil aansluit by Vrouemaand, kyk gerus na die vorige wenke hieroor:
https://dinkjeug.co.za/wenk-van-die-week-vrouedag-2024/
https://dinkjeug.co.za/wenk-van-die-week-vrouedag-2023/
https://dinkjeug.co.za/erediens-wenk-vrouedag-2022/
https://dinkjeug.co.za/vrouedag-2021/
Die argief van intergenerasionele wenke kan gevind word op DinkJeug se tuisblad by die opskrif “Erediens Wenke”.