Erediens: Familiediens

Wenk van die Week 31.01.2021 Jesus is die lig in 2021

By Jun 10, 2021 Jun 14th, 2021 No Comments

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Jesus is die lig in 2021!

Leesrooster teks: Mark 1:21-28 (Die besetene in Kapernaum)

Sluit in die erediens aan by die kerkjaar seisoen Epifanie.
Gebruik ‘n groot wit ster en wit / groen lappe of takke as uitbeelding van Epifanie. Indien jy graag wil aansluit by die leesrooster teks, kan jy die skakel maak tussen Jesus se Lig (wat ons vier in Epifanie) wat die donkerte verdryf en ook vir ons vrymaak van enige iets wat ons vasvang, onderdruk of bekommerd maak.

Inleiding: 2021 – jaar van…?
Ons het weggetrek met ‘n nuwe jaar. Dalk het jou jaar reeds ‘n paar verrassings gehad en moes jy al jou kalender of planne aanpas? Die skool sou al begin het, maar vir die meeste skoolkinders is dit nog vakansie. Ek wonder wat vir ons wag in 2021 en hoe die Covid-pandemie ons kalenders en planne gaan beïnvloed.

Die kerk het ook ‘n kalender – met seisoene en feeste soos Advent of Kersfees. Dit word die kerkjaar genoem. Ons is tans in die kerkjaar seisoen wat min mense goed ken… wie kan raai? Ja, Epifanie!

Wat is Epifanie?
Epifanie is een van die kerkjaar seisoene soos Advent of Lydenstyd. Tydens Epifanie herdenk ons die verskyning van God in die wêreld – Jesus se koms is ‘n sigbare teken van God se teenwoordigheid op aarde. In Epifanie dink ons aan Jesus se lewe vanaf Sy kinderdae tot en met Sy lydenstyd.

Epifanie begin met die herdenking van die wyse manne se besoek aan Jesus. Daarom is die Betlehemster ‘n simbool van Epifanie wat ons herinner dat Jesus se koms lig vir alle nasies gebring het. Daarom kan ons ook vandag onthou dat Jesus belowe om ons Lig te wees en ons te lei in 2021. Epifanie se simboliese kleure is wit (vir lig) en groen (vir groei).

Gesels:
Waarvoor is jy bang / bekommerd vir hierdie jaar waar jy Jesus se LIG of krag nodig het?

Gebed:
Bid vir almal wat eerstes beleef… julle kan spesifiek bid vir almal wat ‘n nuwe skool of werk gaan begin, nuwe intrekkers, of almal kan vir mekaar se nuwe jaar bid.

Mag jy tydens Epifanie onthou dat Jesus ons Lig is!

Nuttige skakels:
Die kerkjaar kalender: https://dinkjeug.co.za/kerkjaar-kalender/
Meer oor die kerkjaar: https://dinkjeug.co.za/meer-oor-die-kerkjaar/
Meer oor Epifanie: https://dinkjeug.co.za/meer-oor-epifanie/

Leave a Reply

en_ZAEnglish