Erediens: KerkjaarVieringe

Epifanie: Ligdraers (simbool: lampie)

By Jan 25, 2022 Mar 30th, 2022 No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Epifanie (lampie) – Geroep as ligdraers 

Dis die begin van die jaar en die meeste gemeentes werf nog kategete en vra mense om betrokke te raak by allerlei diensprojekte, of om leiersrolle op te neem. Gesels hierdie week oor roeping en diensbaarheid (by die kerk, maar ook by die skool, huis en werk).   

Balkies en hoede
Sit ‘n versameling hoede en balkies / wapens neer en vra dan die kinders om dit te identifiseer bv. lewensredding, polisie, leerlingraadbalkies, skoolwapens, verpleging, verkeersafdeling, Voortrekkers, sporthoede ens. Maak die punt dat wapens, hoede, en kentekens gewoonlik vir ons wys wat iemand se rol of posisie is, sowel as hulle taak of verantwoordelikheid.

Aansluiting by Epifanie se lampie (lig)
In die kerkjaar seisoen Epifanie dink ons aan Jesus se menswording. Ons word ook getaak om soos Jesus ons lig te laat skyn. Soos ‘n lig wat skyn, word ons geroep om Jesus se Lig te reflekteer deur ‘n voorbeeld te stel en verantwoordelikheid te neem vir ‘n saak. So skyn hulle soos ‘n lamp vir ander om die pad aan te wys. Sien ander “Epifanie” erediens wenke vir meer inligting oor die kerkjaar en Epifanie.

Ligdraers
“Stel” die gemeentelede nou almal aan in die rol van profete / ligdraers. Laat hulle vir mekaar gelukwens met die aanstellings en deel vir elkeen hulle wapen / balkie uit (rol vooraf af op karton, kry die uitdeelstuk hier). As jy dit vooraf uitdeel, sou kinders dit ook kon inkleur of versier. Hulle kan almal hulle wapens aansit met haakspelde. Verduidelik nou ook hoe hulle hierdie rol en verantwoordelikheid kan uitleef (gee ook voorbeelde in die gemeente bv. om ‘n kategeet te wees).

Gesels met mekaar…

  • Hoe kan jy hierdie jaar jou roeping uitleef as ligdraer om ‘n verskil te maak (jou lig te laat skyn)?

Leave a Reply

en_ZAEnglish