Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Tekens van God se belofte (doopherinnering)
Hierdie week is ‘n goeie geleentheid om ‘n doopherinnering te doen en te gesels oor God se belofte aan ons waarvan die doop ‘n teken is.
Tekens / kentekens
Gebruik hier verskillende skole se klere / of sportspanne se klere / of iets soortgelyk as hulpmiddels.
Ons almal dra kentekens aan ons om te sê waar ons hoort, soos skooldrag – jou skooldrag lyk anders as die skool langsaan s’n. Sommige drag het blou in die rokke of truie, ander weer groen en nog ander geel of rooi. Verskillende skole het verskillende kleure op hul klere om hul uit te ken. Dis ook waar van sportspanne – die Bulle en die Stormers en die Leeus kan jy van mekaar uitken as jy kyk na die kleure wat mense dra en die spanwapens.
Verbond en tekens
Net soos God aan Noag ‘n verbond (belofte) gemaak het waarvan die reënboog ‘n teken is, het God ook aan Abram en sy nageslag ‘n belofte (verbond) gemaak. Hy het ook ‘n simbool (die besnydenis) gegee om hom en sy nageslag daaraan te herinner.
Die doop
In die Nuwe Testament vervang die doop die besnydenis. Ons doop is dus ‘n teken wat ons herinner aan God se belofte aan ons elkeen. Die doop is nie ‘n sigbare teken soos ‘n spantrui nie, en daarom moet ons mekaar gedurig herinner dat ons gedoop is en dat God beloof het dat Hy ons kies en aanneem as sy kinders.
Gesels:
Maak vooraf ‘n kort video of nooi verskillende ouderdom persone en kinders om in die erediens hulle doopfoto’s te wys en te vertel wat hulle weet van hulle doop. Vra dan die families om vir mekaar meer te vertel van elkeen se doop en wat dit beteken.
Julle kan ook elkeen wat die erediens of kategese bywoon se doopdatum vooraf opsoek en vertoon of uitdeel.
Doopviering en gesprek – nog hulpmiddels: