Skip to main content
Vieringe

Hartseer en swaarkry tye

By June 21, 2021March 31st, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Hartseer en swaarkry tye

Hierdie week dink ons hoe die Here ook by ons is in die hartseer of swaarkry tye. Ons kan Jesus se voorbeeld volg en ander mense wat deur moelike tye gaan, ondersteun en liefhê. Dit is veral belangrik in geloofsvorming dat kinders beleef dat volwassenes ook hulle hartseer en swaarkry eerlik met God kan deel.

Soet en suur (of bitter) tye:
Hulpmiddels: lemoene en pomelo’s in skyfies gesny of soet en suur lekkers.

Laat vrywilligers proe aan die “lemoene” of lekkers… sommige kry soet en ander suur (of bitter) lekkers/vrugte sonder dat hulle dit verwag. Verduidelik dat ons soms “soet” ervarings het in die lewe (hoogtepunte) en soms ook onverwags “suur” tye het (laagtepunte).

Gespreksvraag in die banke: Vertel van ‘n soet en suur ervaring van jou afgelope week.

Hartseer en swaarkry tye:
Soms gebeur daar nie net “gewone” slegte dinge met ons soos ekstra huiswerk of vuil skottelgoed nie, maar iets wat ons regtig hartseer maak soos siekte, swaarkry of selfs iemand vir wie ons lief is wat sterf. Al verstaan ons nie altyd hoekom sulke dinge gebeur nie, of al voel ons soms dat dit nie regverdig is nie, kan ons vashou daaraan dat Jesus BY ons is en vir ons omgee en sorg in hartseer en swaarkry tye.

Simboliese handeling en gebed
Steek die Christuskers aan en herinner almal daaraan dat Christus lewe en dat God altyd by ons is. Jy kan ook teeliggies uitpak wat gemeentelede kan aansteek om vir iemand spesifiek wat siek is te bid of ter herinnering aan iemand wat oorlede is.

Wenke en idees
Simboliese aktiwiteite vir families in tye van verlies:

Families: tye van verlies

Leave a Reply