Skip to main content
Erediens: KerkjaarKerkjaar

Verheerlikingsondag

By February 22, 2022March 30th, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Verheerlikingsondag

Hierdie Sondag vier gemeentes oral oor die wêreld Verheerlikingsondag, die laaste Sondag van Epifanie voor Lydenstyd begin. Kry vooraf die hulpmiddels gereeld om te gesels oor verskillende maniere om God te verheerlik met jou lewe.

Verheerlikingsondag
Tydens Verheerlikingsondag (die laaste Sondag voor Lydenstyd begin) herdenk ons Jesus se verheerliking op die berg en ons dink na oor hoe ons Hom kan verheerlik, loof en prys vir wie Hy is en vir al sy liefde wat Hy ons gee. Een van die maniere waarop ons Jesus kan verheerlik, is om al meer soos Hy te word (2 Kor 3:5-6a). In die brief aan die Korinte gebruik Paulus vyf metafore om te vertel hoe ons dit kan doen…

  • Wierook (of lekker-ruik parfuum) (2 Kor 2:214-15) – Jesus is die koning en ons bring hom eer deur ons lewe vir Hom te gee en dankbaar te wees
  • Brief (2 Kor 3:1-3) – jou lewe en dade is ‘n brief wat ander mense lees oor Jesus
  • Spieël (2 Kor 3:18) – jy is ‘n spieël wat Jesus se liefde weerspieël / reflekteer
  • Lig (2 Kor 4:5-6) – jy bring Jesus se lig aan ander deur jou woorde en getuienis
  • Kleipot (2 Kor 4:7) – al is jy dalk ‘n kleipot wat maklik breek, is daar ‘n skat in jou

Gesprek in banke
Watter beeld (metafoor) praat vanoggend met jou of het vir jou betekenis en hoekom?
Hoe kan jy hierdie week Jesus verheerlik in jou alledaagse lewe?

——————————————–

Hierdie week is dit ook die begin van Lydenstyd (Aswoensdag) – hier is ‘n hulpmiddel om aan families uit te deel:

Aswoensdag vir gesinne

Leave a Reply