Skip to main content
Geloofsgewoontes

Verskillende tipes gebede

By September 20, 2021April 1st, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Verskillende tipes gebede

Hierdie week gesels ons oor verskillende tipes gebede. Ons het al in die verlede gesels oor verskillende onderwerpe waarvoor ‘n mens kan bid en gebedsaksies. Hierdie week wil ons egter families aanmoedig om saam verskillende tipes gebede (byvoorbeeld lof, sondebelydenis, toewyding, klag ens.) te ondersoek.

Inleiding
Vertel van ‘n vriend waarmee jy enige iets kan deel, byvoorbeeld goeie nuus, hartseer tye, geheime, ens. (sien die tuisblad vir ‘n voorbeeld en gespreksvrae)

G.E.B.E.D akroniem
Vertoon die letters op die skerm of druk uit en plak dit voor op die liturgiese ruimte.
Gebruik die akroniem wat iemand uitgedink het om meer te vertel waaroor gebed gaan – G – gee jouself vir die Here, E – bid oor enige iets in enige plek, B – wees bereid om te verander, E – ervaar God se teenwoordigheid, en D – wees dankbaar.

Gebedsoefening (dobbelsteen speletjie)
Sien uitdeelstuk van die gebedsblokkie wat kinders kan inkleur en tuis klaarmaak om hierdie oefening ook tuis te kan doen.

Verduidelik kortliks dat daar verskillende tipes gebede in die Bybel is wat ons ook kan bid, soos sondebelydenis, lofprysing, emosies deel, intree vir ander, toewyding en dankgebede. Gee vir gesinne gewone dobbelstene om te gooi sodat elkeen in die familie een gebedsonderwerp kry. Alternatiewelik kan elkeen in elke gesin ‘n nommer tussen 1-6 kies, voordat jy dan die onderwerpe vir elke nommer oorhoofs op die skerm vertoon.

  1. Ek is jammer..
  2. Loof die Here, want…
  3. Ek voel..
  4. Ek bid vandag vir
  5. Ek gee..
  6. Dankie..

Gee geleentheid vir gebed.

Herinner almal om die gebedsblokkie tuis te maak.

Ekstra hulpmiddel
‘n Kindervideo (in Engels) oor gebed om na families uit te stuur in die week is:

Leave a Reply