Skip to main content
Geloofsgewoontes

Geloofsgesprekke

By June 14, 2021April 1st, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Geloofsgesprekke (spanpraatjies)

Vandag se wenk gaan oor geloofsgesprekke.

Spanpraatjies
Hulpmiddels: gebruik sport toerusting en/of verwys na sportoefeninge wat weer in skole begin het (gebruik selfs ‘n foto of 2)

Net voor ‘n sportspan op die veld draf, is daar eers ‘n spanpraatjie. Die spelers en die afrigter praat met mekaar oor die wedstrydplan en motiveer mekaar vir die wedstryd. Die praatjies help dat almal in die span gefokus word en onthou wat van hulle verwag word.

Geloofsgesprekke is amper soos spanpraatjies. Dit is gesprekke wat gelowiges met mekaar voer, in die gewone gang van die lewe, om mekaar te inspireer en te leer. Ons dink en praat saam oor God en wat Hy vir ons beteken. Ons help mekaar om te onthou waaroor die lewe gaan en om op God gefokus te bly.

Jesus se gesprekke
Terwyl Jesus op aarde was, het Hy baie gesprekke oor geloof met ‘n verskeidenheid van mense gevoer. Jesus het sommer in die gewone dinge van die dag ‘n aanknopingspunt gevind, of ‘n waarheid vergelyk met ‘n alledaagse item (bv. sout, visvang, skape, ens.). Deur ‘n gelykenis te vertel of ‘n metafoor te gebruik, het Jesus ook toegelaat dat die een wat dit hoor (of later lees) self oor die betekenis daarvan nadink en só in die gesprek ingetrek word.

Gesels saam

  • Laat die jonger kinders by die ouer mense (nie hulle ouers) in die gemeente uitvind – watter sport het jy aan deelgeneem op skool? Laat die kinders terugvoer gee.
  • Vra dan of die kinders dieselfde of ander sporte beoefen. Vra vir hulle of hulle ook afrigters het wat spanpraatjies hou.

Laat hulle dan in gesinne gesels oor een of meer van die volgende vrae:

  • Waar het jy onlangs ‘n spontane gesprek oor jou geloof met iemand gehad?
  • By wie het jy al die meeste van God geleer?
  • Watter dinge in ons lewens is goeie aanknopingspunte vir geloofsgesprekke?

Praktiese doen idees vir gesinne om saam te gesels: https://dinkjeug.co.za/praktiese-doen-idees-vir-gesinne-om-gemaklik-saam-te-gesels/

Leave a Reply