Skip to main content
Familiegewoontes

Familiegewoontes 4: Konflik

By August 17, 2021March 31st, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Familiegewoontes 4: Konflik

Hierdie week is die laaste in ‘n reeks van 4 waar ons gesels oor familiegewoontes wat ons help om goeie verhoudings te kweek. Al word dit by die huis ingeoefen, geld dit nie net vir gesinne met kinders nie, maar vir die hele gemeente wat ook saam ‘n “huisgesin” is. Familiegewoontes is die onderbou vir die vorming van geloof, aangesien dissipelskap binne verhoudings gebeur. Vandag gesels ons oor die hantering van konflik.

Flieks oor verhoudings en konflik in gesinne
Vertel oor een of meer van die volgende flieks wat gaan oor verhoudings en konflik. Dalk een wat jy self gesien het. Of vra vooraf vir ‘n familie om iets oor een te vertel.

  • War with Grandpa (oupa en kleinseun)
  • Lion King (koning en sy broer)
  • Think Like a Dog (ma en pa)
  • Boss Baby 2 (broers)
  • Over the Moon (dogter en pa/stiefma)
  • How to Train your Dragon (seun en pa)

Wat het al hierdie flieks met mekaar te doen? Verhoudings en konflik! Om deel te wees van ‘n gesin is ‘n groot seëning, maar soms raak dinge warm en kan ons verhoudings skade ly. Elke gesin beleef een of ander tyd konflik. Die vraag is nie of daar konflik gaan wees nie, maar hoe julle as gesin dit gaan hanteer. As konflik goed hanteer word, kan daar groei plaasvind. Dieselfde geld natuurlik vir ander verhoudings in die gemeente.

Gebedswenk: Maak jou oë toe en raak rustig. Dink aan iemand met wie jy wil vrede maak of jou verhouding versterk. Bid dat God vrede sal bring en jou sal help.

Tuis aktiwiteit: Verkeerslig (Maak vooraf ‘n voorbeeld om te wys.)
Maak saam ‘n verkeerslig met ‘n rooi, groen en geel lig. Rooi is woedend/hartseer, geel is opgewerk of geïrriteerd en groen is rustig/positief. Elkeen versier ook ‘n wasgoedpennetjie wat hom- of haarself voorstel. Wanneer konflik begin opvlam, gebruik die wasgoedpennetjie om aan te dui op die verkeerslig hoe jy voel en om betyds daaroor te praat en sodoende “rooi ligte” te vermy.

Leave a Reply