Skip to main content
Erediens: Kerkjaar

Christus is die Koning

By November 15, 2021March 30th, 2022No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Christus is die Koning Sondag

Hierdie Sondag is die laaste Sondag van Koninkrykstyd en dit staan bekend as Christus is die Koning Sondag, waar ons die heerskappy van Christus oor sy Koninkryk vier as ‘n hoogtepunt van hierdie seisoen. Die simboliese kleure van hierdie Sondag is groen, wit en goud en die simbole is ‘n kroon, ‘n kruis en ‘n lampie.

Agtergrond en simbole
Vertoon die prent wat die Kerkjaar seisoene uitbeeld. Verduidelik dat dit hierdie week die afsluiting van Koninkrykstyd is (kleur groen) en dat ons ook hiermee die Kerkjaar afsluit met die viering van “Christus is die Koning” Sondag. Dit is dus vandag die hoogtepunt van die Kerkjaar! Ons vier Jesus as die Koning van alle konings (kleur goud en kroon). Maar ons vier ook dat Hy ‘n ander tipe Koning is wat Homself gegee het vir sy koninkryk en sy onderdane, wie Hy sy kinders noem (simbool kruis). Ons sien ook met verwagting uit na Christus se wederkoms (kleur wit en simbool brandende lampie).

Kroon aktiwiteit
Gebruik die ‘name van Jesus’ uitdeelstuk om ‘n papierkroon vir elkeen in die gemeente uit te deel. Gee geleentheid dat hulle gesels oor die naam van Jesus wat op die kroon is wat elkeen ontvang het. Vra die vraag “wat beteken dit vir jou dat Jesus jou Verlosser / Vriend / Geneser / ens. genoem word?” Of “Vertel van ‘n geleentheid toe jy hierdie karaktereienskap van Jesus beleef het.”

Maak dan die punt dat Christus sy Koninkryk regeer op al hierdie maniere. Hy is die Koning wat ons lei, genees, ons vriend is, ons vergewe, ens. Daarna word die krone gemaak deur dit uit te knip en die punte aan mekaar te heg met ‘n stukkie kleeflint of ‘n krammetjie. Elkeen kry ‘n beurt om dit op te hang aan ‘n tak wat jy vooraf in die liturgiese ruimte geplaas het.
Sing hierna ‘n lied oor Jesus as koning – hier is 3 voorstelle:

 

Ekstra wenke en idees
Hier is twee oulike video’s uit die Katolieke kinderbediening om “Christus is die Koning Sondag” te verduidelik:

Leave a Reply