Erediens: Familiediens

Wenk van die Week 21.02.2021 Lydenstyd

By Jun 14, 2021 No Comments

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Lydenstyd

Leesrooster teks: Genesis 9:8-17

Verduidelik hierdie Sondag die kerkjaar, Lydenstyd en hoe gesinne dit prakties kan vier. Gebruik hulpmiddels soos ’n kruis, doringkroon, pers of rooi lap en pak dit uit soos jy die simbole verduidelik.
Steek ook vooraf 7 kerse aan en blaas vandag die eerste kers uit (en elke Sondag hierna nog een meer).
Indien jy die leesrooster teks preek (Genesis 9:8-17), kan jy na die Tuisblad kyk hoe om die teks en Lydenstyd met mekaar in verband te bring.

Meer oor lydenstyd hier: https://dinkjeug.co.za/meer-oor-lydenstyd/

Meer doen idees vir gesinne hier: https://dinkjeug.co.za/doen-idees-vir-lydenstyd-en-goeie-vrydag/
Laai die kerkjaar kalender hier af: https://dinkjeug.co.za/kerkjaar-kalender/

Lydenstyd
Vandag is die eerste Sondag in Lydenstyd. Lydenstyd is ’n belangrike seisoen in ons kerkjaar. Kom ons herinner mekaar wat dit is terwyl ons die simbole uitpak…

  • Sewekandelaar (menora) – Lydenstyd begin met Aswoensdag (dit was verlede Woensdag 17 Februarie 2021) en duur 40 dae (Sondae word nie bygetel nie) tot en met Goeie Vrydag. Die sewekandelaar (menora) word gebruik om die tyd af te tel –  een kers meer word elke Sondag doodgeblaas, en op Goeie Vrydag, die laaste kers. Julle kan by die huis enige 7 kerse gebruik en dit ook Sondae saam doen.  Wanneer ons na die kerse kyk, onthou ons dat Jesus lyding ken en ook by ons (en ander) is wanneer ons swaarkry.
  • Kruis – In Lydenstyd word daar gefokus op die lyding van Jesus. Christene gebruik hierdie tyd om hulself voor te berei op Paasfees deur introspeksie en sondebelydenis te doen. Ou kerkgewoontes soos vas, stilte en gebed het Christene oor die eeue hiermee gehelp. Julle kan by die huis ook ’n kruis maak uit hout, draad, karton of 2 stokke en iewers uitstal, byvoorbeeld naby aan julle voordeur.
  • Pers / rooi lap – Die kleure van Lydenstyd is pers of wynrooi wat wys na Jesus se bloed en swart op Goeie Vrydag (swart is die kleur van rou en die dood).
  • Doringkroon – Tradisioneel in die Katolieke tradisie het Christene van vleis en ander lekkernye gevas in hierdie tyd. Vandag sal Christene hulleself van iets ontsê (bv. sosiale media, sjokolade, koffie of ander dinge) om hulle te herinner om introspeksie te doen en te bid. Dalk wil jy ook iets kies om van te vas in hierdie tyd?
  • Nagmaal beker en bord – Die Nagmaal herinner ons dat Jesus altyd by ons is, ook as ons swaarkry. Daarom kan ons in hierdie tyd veral uitreik na mense in nood.

Gesels in die banke / tuis: (gebruik een of meer van die volgende vrae):

  • Waaraan herinner Jesus se kruis jou?
  • Hoe wil jy/julle Lydenstyd vier?
  • Waarvoor kan ek vir jou bid?

Bid – Bid vir mekaar asook mense wat julle ken wat siek is of swaarkry.

 

Vir ’n Kix kinderontmoeting oor Noag se arkhttps://kixkinders.co.za/wp-content/uploads/2015/05/Ontmoeting-4-God-is-lief-vir-Noag.pdf

Vir ’n Kix kinderontmoeting oor die belofte aan Noaghttps://kixkinders.co.za/wp-content/uploads/2015/05/Ontmoeting-5-God-se-spesiale-belofte.pdf

Leave a Reply

en_ZAEnglish