Erediens: Familiediens

Wenk van die Week 20.06.2021 Vadersdag

By Jun 14, 2021 No Comments

Intergenerasionele erediens wenk
Tema: Superhelde lyk nie almal dieselfde nie

Hierdie week vier ons Vadersdag (20 Junie). Gebruik die geleentheid om die stereotipes af te breek rondom pa’s en hulle “rol”. (Nie alle gesinne het ‘n pa nie, nie alle pa’s is positiewe rolmodelle nie en nie alle pa’s is “sterk” of doen dieselfde take in die huis nie.) Fokus eerder daarop om verskillende mans persone wat ‘n positiewe rol in kinders se lewens speel, te bedank. Indien jy die leesrooster teks (1 Samuel 17) preek, sluit die verhaal van Dawid en Goliat ook hierby aan, omdat Dawid nie die stereotipe “grootste en sterkste soldaat” was nie.

Superhelde lyk nie almal dieselfde nie
Hier kan jy foto’s of superheld kostuums gebruik wat die kinders in jou gemeente sal ken. Vra vir voorskoolse ouers – hulle het dalk klere om te leen of jy kan reël dat ‘n paar kinders in hulle geliefkoosde kostuums kerk toe kom. Voorbeelde is Spiderman, Batman, Hulk, Captain America, Ninjago, PJ Masks, ens.

Vraag om oor te gesels: Laat die jongmense in die diens die ouer persone gaan vra wie in hulle kinderdae die gewilde superhelde was en laat die jongmense weer om die beurt vertel van watter superhelde / tv helde hulle vandag hou.
Kry terugvoer oor verskillende superhelde se eienskappe en maak die punt dat almal verskillend lyk en verskillende “super-powers” het.

Vadersdag
Verduidelik dat alle gesinne nie ‘n pa het nie, of ‘n pa het wat by hulle bly nie, en dat almal nie noodwendig ‘n pa het wat ‘n goeie rolmodel is nie. Alle pa’s is ook nie dieselfde nie – almal is nie noodwendig “sterk” of doen dieselfde take in die huis nie. Hulle het verskillende sterkpunte. MAAR dat ons op Vaderdag alle pa’s EN mans persone wat ‘n superheld is in ons kinders se lewens kan vier en bedank, hetsy pa’s, stiefpa’s, broers, ooms, oupas, onderwysers, kategete, familie en vriende.
Aktiwiteit: Gebruik hierdie uitdeelstuk wat kinders kan invul in die diens.
(Daar is ook nog baie ander superhero crafts op die internet beskikbaar.)

Gebed: Laat gesinne vir al die “superhelde” in hulle lewens bid en vir God dankie sê vir hulle.

Uitdaging – Maak hierdie week ‘n kaartjie, stuur ‘n WhatsApp of bel elkeen van die mense wat julle hierbo gelys het.

Leave a Reply

en_ZAEnglish