Erediens: KerkjaarKerkjaar

Lydenstyd (doringkroon)

By Mar 14, 2022 Mar 31st, 2022 No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Lydenstyd (doringkroon) 

Onthou om vandag die derde kers dood te blaas van die sewekandelaar. Vandag gebruik ons die simbool van die doringkroon om te gesels oor Lydenstyd – maak een vooraf om te gebruik of gebruik doringtakke. Jy kan ook dat lidmate linte aan ‘n doringtak bind as simbool van hulle gebed vir verskillende mense in nood.

Lydenstyd

Gesels: Hoekom dink jy het Jesus ‘n doringkroon gedra op die kruis en nie ‘n gewone kroon nie?
Kry antwoorde uit die lidmate – maar beklemtoon dat Jesus medelye het met mense en dat Hy ons pyn, swaarkry en sonde in ons plek dra. Hy is ‘n koning (daarom ‘n kroon), wat regeer deur sy lewe weg te gee en te ly (dorings). Hy wys vir ons dat ons as dissipels onsself ook moet weggee en ander dien.

Gesels:
Watter dinge droom jy oor vir ons gemeenskap – om dit ‘n plek te maak waar almal vreugde, geregtigheid en vrede kan beleef?

Bid:
Bid vir verskillende onderwerpe.

Leave a Reply

en_ZAEnglish