Liturgie

Musiek en sang in die erediens

By Feb 14, 2022 Apr 1st, 2022 No Comments

Intergenerasionele erediens wenk

Tema: Musiek en sang in die erediens

Gesels hierdie week oor musiek en sang in die erediens en skep ‘n ruimte vir almal om saam die Here te loof en prys!

Hulpmiddels:

  • Kry ‘n paar instrumente bymekaar wat lyk of dit uit die Bybelse tyd kom (simbale, trom, tamboeryn, klokke, “banjo”, ramshoring ens).
  • Kry ook ‘n stuk outydse kerkmusiek (byvoorbeeld Gregorian chant) gereed om te speel.
  • Gebruik ook instrumente (soos “shakers” en vlae) tydens die lofsang wat die kinders, of enige persoon, kan skud of swaai.

Inleiding

Instrumente – Wys die verskillende instrumente en vra waar hulle dink dit gebruik is. Vertel dan dat dit soortgelyk is aan die instrumente wat in die Bybelse tyd gebruik is.

Musiekstyl – Speel ‘n stukkie kerkmusiek wat vreemd klink bv. ‘n gregoriaanse gesang (soek op YouTube “gregorian chant”) en vertel dat dit uit die 9de/10de eeu se Christelike kerk (RKK) kom.

Kerkmusiek oor die eeue – een doel
Herinner almal dat musiek (liedere, styl, instrumente ens.) oor die eeue verander het. Jy kan hier vra dat die gemeente saamgesels en dan vir jou terugvoer gee oor die vraag – wat is die doel van saam sing by die kerk?

Die styl van musiek en saam sing het verander oor die eeue, maar die doel het egter dieselfde gebly. Ons sing om God te loof en dankie te sê (bly te wees), onsself aan Hom toe te wy, Hom te aanbid, ons emosies (hartseer, bekommernis en vreugde) met Hom te deel en ander (en mekaar) te herinner aan sy karakter. Dit hoef nie perfek te wees nie, en ons kan op enige manier en tyd en plek die Here loof, – ook tuis as jy alleen of as jy in die stort wil sing, of jy kan luister daarna op jou foon, of dalk wil jy in die natuur sing as jy gaan stap.

Lof en aanbidding
Lees Psalm 150 (of reël dat verskillende mense elkeen ‘n vers lees). Skep ‘n ruimte waar jonk en oud kan deelneem aan die sang en kies ‘n goeie verskeidenheid liedere. Gemeentelede / kinders kan ook deelneem deur “shakers” of klokkies te skud of vlae te swaai.

Ekstra hulpbronne

Video: The evolution of Church music – A Cappella Medley (7min 38 – maar jy sou ook net die eerste gedeelte, byvoorbeeld 2 min, kan wys.)

 

Video: ‘n voorstel is dat kinders tydens of na die erediens instrumente maak
Homemade Instruments for Kids

Leave a Reply

en_ZAEnglish